Posts Tagged ‘Herta Műller’

Louis Esterhuizen. Herta Müller se digkuns

Thursday, October 27th, 2011

 

Toe die Roemeens-gebore Herta Müller in 2009 aangewys was as die Nobel-laureate van daardie jaar, het bykans die ganse wêreld des lettere reageer met ‘n verbaasde “Herta wie?!”  Sedertdien het daar uiteraard heelwat van haar romans in (Engelse) vertaling verskyn en is haar reputasie as wêreldskrywer besig om hand-oor-hand te groei.

Maar – oor haar digkuns is daar nog nie veel berig nie; in hoofsaak vanweë die feit dat haar ‘yskasgedigte’ nogal erg hermeuties van aard is. Vroeër vanjaar het daar egter wel ‘n bundel in Nederlandse vertaling by De Geus verskyn, te wete De rokkenjager en diens bijdehante tante. Meanderkrant het hieroor ‘n bespreking geplaas, asook etlike van Müller se gedigte wat soos volg deur Meander se Sander de Vaan getipeer word: “(Müller) maakte ze bijvoorbeeld uitsluitend gebruik van letters, woorden en zinfragmenten uit allerlei kranten en bladen. Het resultaat is een lust voor het lezersoog: kleurrijke teksten vol humor en verrassende zinswendingen, die keer op keer tot herlezen dwingen.”

Sela. Of moet ek eerder sê: Celan? (Jammer. Ek probeer eerlikwaar nie moedwillig wees nie. Daarom plaas ek vir jou kykplesier hieronder ‘n voorbeeld van haar digkuns. By Meanderkrant is daar nog enkele ander voorbeelde van haar digkuns om te bewonder.

***

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

het stomste is al uren loopt het gras in
mijn nieuwe jurk rond en ik zit op de bank
van beton als een van de vijf voor de
kapsalon de eerste is gek de tweede heeft
koeienogen de derde is vals de vierde en
de vijfde dat ben ik want onder mij ligt
een plas daarin zie ik mezelf en ik trek
een grimas anders kan een van de twee die
ik ben de bontmuts op het hoofd van de
ander niet eens onderscheiden van de dode
vogel in de plas

***

 

 

  

Letterlik, tóé onder boeke …

Friday, October 9th, 2009
Hans Bauer se huis

Hans Bauer se huis

Op De Papieren Man lees ek van ‘n man, Hans Bauer (66), wat met ‘n geweldige probleem te make het … Dié fanatiese boekversamelaar is naamlik deur die Groningense hof opdrag gegee om binne twee weke van sy totale boekversameling van meer as 5,000 titels ontslae te raak. Dit was nou nadat die eienaars van die huis wat Bauer huur, hom by die hof verkla het aangesien sy versameling, volgens hulle, ‘n ernstige brandgevaar inhou.  

Blykbaar het Bauer geen benul hoe om dié kopseer te hanteer nie; hy hoop maar dat familie en/of vriende hom tegemoet kan kom. Tydelike bergplek is wel aangebied by die Centraal Boekhuis vir ‘n periode van ses maande, maar hy sal beslis ‘n ander heenkome vir sy boeke moet vind. Tydens die onderhoud het Bauer glo op bedeesde manier soos volg geantwoord op die vraag of hy nie dink dat sy stokperdjie ietwat buite beheer geraak het nie: “Inderdaad heeft mijn hobby een beetje uit de hand gelopen, maar onleefbaar zou ik mijn huis nog niet willen noemen. Ik heb nog twee stoelen om op te zitten: een voor mezelf en een voor bezoek.”

Die ergste is dat hierdie nie die eerste keer is wat Bauer met só ‘n probleem te make het nie; enkele jare gelede moes hy blykbaar óók van sowat 4,000 boeke ontslae raak …

***

Die groot nuus vanoggend is natuurlik die Nobel-prys vir Letterkunde wat gister aan die Roemeens-gebore Duitse skrywer, Herta Müller, toegeken is. Volgens die beoordelaars verdien Müller dié verering weens die feit dat sy die “landscape of the dispossessed” beskryf met “the concentration of poetry and the frankness of prose. Müller returns constantly to the oppression, dictatorship and exile of her own life in her novels, essays and poems.” Peter Englund, sekretaris van die Sweedse Akademie, het na die aankondiging die volgende te sê gehad: “On one hand she’s an excellent author with truly fantastic language, and on the other she has the capacity of really giving you a sense of what it’s like to live in a dictatorship, also what it’s like to be part of a minority in another country and what it’s like to be an exile.” Hy het ook haar “extreme precision with words” aangeprys en bygevoeg: “She has been living in a dictatorship which constantly misused and abused language, and this has forced a sort of scepticism in her regarding the use of words, the use of language. She has a very, very fine-tuned precision in her language.” Gaan lees gerus die volledige berig op The Guardian se webblad. Oorsigte van haar lewe en werk is op die Nobel-prys komitee se amptelike webblad te vind, asook by Wikipedia, uiteraard.

Ten slotte – ‘n groot dankie aan Desmond Painter wat gistermiddag in my afwesigheid ‘n Spesiale Nuuswekker oor die toekenning voorberei en geplaas het. Ons is nogals trots daarop dat ons bykans oombliklik die nuus aan ons lesers kon bekend maak … Dankie daarvoor, Desmond.

***

Twee nuwe plasings op die webblad wat beslis ‘n lees verdien, is Andries Bezuidenhout se reaksie op Jelleke Wierenga se onlangse skrywes op LitNet, asook Bernard Odendaal se vernuftige analise van Sheila Cussons se gedig “Christ of the burnt men”.

Lekker lees en hê pret met die naweek wat in jou hande gegee is.

Mooi bly.

LE

 

Spesiale nuuswekker: Herta Műller wen die Nobelprys

Thursday, October 8th, 2009

Die wenner van die 2009 Nobelprys vir Letterkunde is toe nie Philip Roth, Amoz Oz of selfs Bob Dylan nie, maar die relatief onbekende (ten minste in die Engelstalige wêreld) Herta Műller. Volgens die Sweedse Akademie word hierdie Roemeens-gebore Duitser vereer vir kortverhale en romans wat, “with the concentration of poetry and the frankness of prose, depicts the landscape of the dispossessed.”

Herta Műller

Herta Műller

Ek moet bieg: voor vanmiddag het ek nog nooit van Herta Műller gehoor nie… Daar is, so ver ek kan naspeur, ook nog net vyf van haar boeke in Engels vertaal: The Passport (1989), The Land of Green Plums (1996), Traveling on one leg (1998), Nadirs (1999) en The Appointment (2001).

Műller is in 1953 in Roemenië gebore as deel van die Duitsprekende minderheid in daardie land. Gedurende die 1970s studeer sy Duitse en Roemeense literatuur, en raak betrokke by ‘n groep skrywers wat die Roemeense diktator teenstaan en aandring op spraakvryheid. Haar eerste boek, die kortverhaalbundel Niederungen (1982; in 1999 in Engels uitgegee as Nadirs), is in Roemenië verbied, maar is twee jaar later met groot welslae in Duitsland uitgegee. Nadat sy weens kritiek op die Roemeense regering nie meer in daardie land kon publiseer nie, emigreer sy in 1987 permanent na Duitsland. Sy woon tans in Berlyn.

Haar werke, volgens die Sweedse Akademie se webblad,  “give, with chisseled details, a portrait of daily life in a stagnated dictatorship.” Sy word beskou as een van die belangrikste hedendaagse Duitse skrywers.

 

Desmond Painter

  •