Mdina, Malta (die stad van stilte) Vroegdag skryf ek vanuit die hoogtes af, glip my woorde oor die verhewe skanse van ‘n toeriste-bastion. Deur gragte hoe bitterswaar met pik en graaf gekap, spoel my strofes oor die sweet van slawe, en waaier sinne teen slakkepas kuswaarts met die busroetes langs. ‘n Roesemoes van klipgedagtes…