Homeros. Fragmente uit die Odusseia Vert. deur Cas Vos. Cordis Trust, 2016 Resensent: Gisela Ullyatt. Die naam Homeros is onlosmaaklik verweef met die Westerse literatuur en -kanon; hy word immers as die vader daarvan beskou. Steeds ontlok beide sy eposse, die Ilias en die Odusseia, talle kontroversiële debatte. Die eerste hiervan is gesentreerd…