homage Bos van donker melkhout en storm snags steek ons die dryfhout aan blou berg en die gestrande maan omkring die drempel van ons huis prut-prut bokant die vlamme bid die swart potjie ’n drywende firmament slinger deur die heelal toe die isthmus onder ons padgee maan, berg en strand…