Hoewel Marais ‘n gekwalifiseerde regsgeleerde was en lank as beide advokaat én as prokureur gepraktiseer het, het hy nooit die regte as sy belangrikste nering of roeping beskou nie. Dit was dan ook nie altyd vir hom moontlik om ‘n vaste inkomste uit hierdie professie te verdien nie. In die tydperk tussen 1917 en 1927,…