Daniel Hugo. Ou digter
Tuesday, July 28th, 2020
Ou digter
Vir M.M. Walters
die kritici sê sy takelwerk rafel uit
ideoloë kelder sy idees, beweer
hy vaar met die verkeerde wind in sy seile
uitgewers begin hul hawens vir hom blokkeer
hy streel rustig sy gesoute baard, skink dan weer
en beskou leedvermakerig vir ’n wyle
– sy boot is waterdig, die wêreldeinders wyd –
hoe ’n lam vlieg om en om in sy wyn laveer
(Uit Openbare domein, Naledi, 2018)