Posts Tagged ‘ICC’

Desmond Painter. Die foto wat ek wou geneem het

Tuesday, August 10th, 2010
Die foto wat ek wou geneem het

Die foto wat ek wou geneem het: Fernando Pessoa in Durban

Ek het verlede week die jaarlikse kongres van die Psychological Society of South Africa (PsySSA/SaaiSSA) by die International Convention Centre (ICC/Ai Sisi) in Durban bygewoon. Dit was maar my tweede keer in Durban, en die eerste keer sedert 1997.

Dit is nog maar vroeg in Augustus en die lug is al louwarm daar, niks van die Kaap se skerp koue nie. ‘n Stad soos ‘n natgeswete oksel: effe eroties, effe stink. Ek sien die nuwe sokkerstadion in die verbyry. ‘n Indrukwekkende ontwerp. Ek gaan eet een aand saam met kollegas by ‘n restaurant in die ‘trendy’ Florida Road. Ek koop ‘n armvol boeke op uitverkoping by die Exclusive Books in die nuwe lughawegebou. Maar ek kry ongelukkig nie veel kans om in die stad rond te loop nie; en rondloop, veral doellose rondloop, is myns insiens die enigste manier om ‘n plek te verken.

Ek is veral spyt dat ek nie ‘n foto geneem het van die borsbeeld van Fernando Pessoa nie. Hierdie beeld is in Durban opgerig omdat Pessoa (1888-1935) ‘n groot deel van sy jeug hier deurgebring het. Die foto hierbo is die een wat ek sou geneem het as ek meer tyd gehad het om rond te loop. En die gedig hieronder het ‘n ‘sielkundige’ strekking, maar is veel interessanter as enigiets waarmee enige sielkundige (ai, die sielkudde, die sielskunniges darem…) by die ICC vorendag gekom het:

 

Autopsychography – Fernando Pessoa

 

The poet is a faker
Who’s so good at his act
He even fakes the pain
Of pain he feels in fact.

 

And those who read his words
Will feel in his writing
Neither of the pains he has
But just the one they’re missing.

 

And so around its track
This thing called the heart winds,
A little clockwork train
To entertain our minds.

  •