Diegene wat na die lees van my onlangse stukke oor ‘postkoloniale’ en ander hedendaagse Britse digters dink daar is iewers ‘n slang in die gras, is heeltemal reg! Ek beskik beslis nie oor ‘n uitgebreide kennis van die Britse digkuns nie. Waarom op aarde sou ek?! My bron, wat ek natuurlik doelbewus weerhou het sodat ek slim en belese kon klink…