Ilja Kaminsky. Vertaling in Afrikaans
Sunday, September 13th, 2015Ilja Kaminsky. Vertaal in Afrikaans deur Maria Snyman.
Ons het gelukkig gelewe gedurende die oorlog
En toe hulle ander mense se huise gebombardeer het, het ons
geprotesteer
maar nie genoeg nie, ons het hulle geopponeer, maar nie
genoeg nie. Ek was
in my bed, rondom my bed was Amerika
besig om te val: onsigbare huis na onsigbare huis na
onsigbare huis.
Ek het ’n stoel uitgedra en die son dopgehou.
In die sesde maand
van ’n rampspoedige bewind in die huis van geld
in die straat van geld in die stad van geld in die land van geld,
ons groot land van geld, het ons (vergewe ons)
gelukkig gelewe gedurende die oorlog.