Kwatrynkompetisie (89&90)
Saturday, April 3rd, 2021
89
Die nadors en die babelas se piep
is beter as die pes wat diep
soos bloedwyn deur die are kruip,
wingerd- beter as virusgriep.
*
90
Gesondheid! Laat ons ʼn glasie klink
tot die wyn in ons are vloei soos ink
en ons rympies maak, tra-la hoera.
Weg met die pes! Ons drínk!
© Ilse van Staden, 2021