Aan ’n nier Kleine boontjie jy hang kordaat aan jou naelstringe van aar en afvoerpyp. Meer as ’n miljoen piepklein nefrone filtreer sewe liter bloed per uur, jou mikroskopiese netwerke kunstig geweef deur ’n kreatiewe kwashaal van die Skepper. Kleine wonderwerkie meer as ’n halwe leeftyd lank was jy stiptelik, getrou,…