Posts Tagged ‘Imke van Heerden. AfriKI-projek’

Uitnodiging na seminaar en die eerste Kunsmatige Intelligensie-gedigte in Afrikaans

Thursday, July 21st, 2022

 

 

Die volgende uitnodiging kom van prof. Karen de Wet van die Universiteit Johannesburg:

 

Beste kollegas, vriende – belangstellendes in die letterkunde en Afrikaans

Hiermee ’n vriendelike uitnodiging om aan te sluit by ’n departementele seminaar aangebied deur Afrikaans@UJ, eenheid deel van die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek, Universiteit van Johannesburg.

Ons is trots om dr Imke van Heerden, tans assistent-professor by Koc-universiteit in Turkye, aan die woord te kan stel oor die AfriKI-projek en die eerste Kunsmatige Intelligensie-gedigte in Afrikaans (https://www.litnet.co.za/afrikaans-se-eerste-ki-gedigte/) – wat Afrikaans die derde taal wêreldwyd maak waarin KI-geassisteerde gedigte geskryf is.

Imke praat oor die projek, die werklikheid van kunsmatige intelligensie en die skep van Afrikaanse gedigte deur kokreatiwiteit. Die vraag oor hoe die literêre gemeenskap hierop kan reageer en hoe literêre perspektiewe moontlik tot voordeel van kreatiewe AI gebruik kan word, kom aan die bod.

Almal is hartlik welkom. Die referaat vind plaas om 12:00 – 13:30 op 27 Julie en sal ongeveer 40 minute duur. Ons sien veral uit na deelname in die gespreksessie.

Die seminaar het ’n internasionale gehoor en die referaat word in Engels aangebied, met naatvrye simultaantolking beskikbaar via Zoom en ook Afrikaanse onderskrifte.

Die sessie is geskeduleer van 12:00-13:30, soos op die uitnodiging, waar die skakel ook aktief is: https://zoom.us/j/99216729582?pwd=NHdHRDAvd1lHWlI1QTJqVDRRUkoxZz09

Ons sal u teenwoordigheid en gesprekvoering waardeer! Baie welkom om die uitnodiging te deel.