Posts Tagged ‘In a burning sea’

Onderhoud met Gisela en Tony Ullyatt

Monday, July 13th, 2020

Alwyn Roux gesels met Gisela en Tony Ullyatt oor hulle vertaalwerk 

Gisela en Tony Ullyatt is albei gerekende digters. Tony Ullyatt ontvang in 2019 ‘n  SALA-toekenning vir sy bundel An Unobtrusive Vice (2018) en in 2020 verskyn Gisela Ullyatt se debuutbundel Die waarheid oor duiwe wat tot dusver slegs lof van resensente ontvang het. Hulle is albei ook vertalers van poësie en doen hulle vertaalwerk saam as ‘n span. Dit blyk onder andere uit die onlangse Van Wyk Louw-vertalings wat op Versindaba verskyn het en hulle vertalings van Afrikaanse poësie wat in 2014 in die bloemlesing in a burning sea opgeneem is. Ek het by hulle gaan uitvind hoe die vertaalproses werk.

 

Alwyn Roux: Hoe het julle betrokke geraak by die vertaalprojek in a burning sea (2014)?

Tony en Gisela Ullyatt: Ons is deur die digter Marlise Joubert genader om aan hierdie vertaalprojek deel te neem.

AR: Waarom Afrikaanse gedigte na Engels vertaal?

TU: I was exposed to Afrikaans poetry when I took up a post at the University of the Free State in the early eighties. The English department was (and still is) on the same floor as the Afrikaans department. I became increasingly fascinated with Afrikaans poetry and had long conversations with Afrikaans academics/poets like Bernard Odendaal. A whole new literature opened up for me as my Afrikaans improved. Later on, I met George Weideman, who was a guest lecturer at the time and started to translate some of his poems. In the early 2000s, I was doing intensive research on the myth of Daedalus and Icarus, and discovered some poems on the topic by poets like Ernst van Heerden, Henk Rall, Jan Swanepoel, and Lucas Malan. Not speaking much Afrikaans in those days, I began translating poems initially because I wanted to know what they meant. Simple as that.

GU: Daar is soveel lesers wat andersins geen toegang tot die Afrikaanse digkuns sou hê as dit slegs in Afrikaans beskikbaar was nie. Ek sien dit ook as ‘n geweldige uitdaging wat die grense van my eie woordvaardigheid en analise toets.

AR: Dit is baie interessant dat julle die gedigte saam vertaal. Hoe werk die proses?

TU & GU: We work as a team. Gisela is mother-tongue Afrikaans speaking and I am mother-tongue English speaking. This combination brings the best of both worlds – a sound knowledge of both source- and target-languages – to the translation process.

And for those inquisitive readers who wonder whether working together as translators is stressful as far as our relationship goes, the answer is, perhaps disappointingly, no. That is because we both believe that the translation process is one of negotiation. It is an adjunct to the processes of negotiation Umberto Eco discusses in his book, Mouse or Rat? Translation as Negotiation.

As far as the process itself works: I usually do the initial rough draft into English, working from grammatical unit to grammatical unit rather than line by line. If there are lines or words I have difficulty understanding – idiomatic usage is one example – I will retain the Afrikaans exactly as and where it appears in the original text. At this stage, getting an overall sense of the text, of the poet’s style, while creating a document we can work on is of more immediate import than fiddling around with dictionaries. That comes later.

Once that rough draft is done, Gisela joins the process. Together, we go through the problems I had with the original poem. We discuss each of those matters, deciding on some of the suitable English possibilities and rejecting others. Once the initial draft has been typed up, it could resemble this; the last four lines of the ninth section of “Asemgedig” by Phil du Plessis:

Ek sal met hale van ’n blou kwas
’n stort vloed van reën
’n gety van vergetelheid
oor die landskap laat spoel

I shall with strokes/dashes from a blue brush
a flood/torrent/deluge of rain
a tide of vergetelheid
over the landscape let flow

Once these lines come into existence, we can tackle a couple of initial questions: Where, in the English version, might the phrase, “oor die landskap”, fit? What if it were moved to the end of the line? Which of the alternative nouns fit most tightly with both the context and the line’s syllable count? What English verb would be most apposite for “laat spoel”? At this point, we have made no attempt at English grammatical ordering, thus leaving many possibilities open.

Now we are able to focus our joint attention on going through the translation word by word, unit by unit, line by line as we work towards a text that reads like an original English poem. At the same time, we are fully conscious of Peter Newmark’s question: “Why should a translation  not sometimes read like a translation, when the reader know that is what it is?” All well and good, except that you might wind up with a monstrosity like this: “I tripped on the carrot of a tree and broke my keybone.”

This process may take days, even weeks. We do a great deal of reading the poem aloud, listening for stylistic clumsiness, inappropriate words, trying to get rhythms right, and so on. We discuss various alternatives and see how well or badly they work. New changes come to mind after several readings; after these, we know we’re pretty close to what we striving for.

in a burning sea. Anthology

AR: In in a burning sea (2014) het julle gedigte van Martjie Bosman, Marius Crous, Tom Gouws, Marlise Joubert en Dolf van Niekerk van Afrikaans na Engels vertaal. Watter uitdagings het die vertalings van elke digter se werk aan julle gestel? Is die vertaalproses makliker by sekere digters en moeiliker by ander?

GU: Eerstens is dit belangrik om die integriteit van die oorspronklike gedig te behou: vir my beteken dit om die ‘atmosfeer’ daarvan raak te lees en te verstaan. Dit help weinig as die vertaler op woord-truuks staatmaak. Literêre vertaling is ‘n meditasie: die digter se intensie moet behoue bly. Daarom geskied die proses nie oornag nie.

Elke digter het sy/haar eie “binnetaal” en konteks en dié moet die vertaler ook in ag neem. Een so ‘n voorbeeld is Marlise Joubert se “dryfgoed” (144). Strofe twee lees as volg:

in die vroegoggend huiwer
‘n kewer dou aan die kwas,
breek ek die vergeefse bloeisel af […]

Ek en Tony het gestoei met die beeld “‘n kewer dou” en hoe dit skakel met “bloeisel”. Na ‘n e-pos aan Marlise het ons meer klaarheid oor die beeld gekry. Sonder die spesifieke waterverf-konteks, sou die vertaling dalk nie so geslaagd kon wees nie. In hierdie geval was dit die stasis van die waterdruppel wat ‘n kewer verteenwoordig. Die finale Engelse weergawe lees as volg:

in the early morning a beetling
dew-drop teeters at the brush’s tip,
I break off this fruitless blossom […]

In hierdie geval was daar ‘n hele paar sinonieme: “vain”, “useless”, “unavailing”, “futile”, “fruitless”, “idle”, “ineffective”.  Hierna volg ’n  aansienlike eliminasie-proses waartydens ons elke sinoniem uitrafel  in terme van klank, aantal lettergrepe, ensovoorts. In hierdie geval het “fruitless” sterk na vore getree vanweë die voorafgaande versreël waarin die kewer-beeld voorkom asook die “bloeisel” wat langs “vergeefse” gevind word. As hierdie twee beelde nie daar was nie, sou “fruitless” dalk nie die “wenner” kon wees nie. Die vertaler moet dus sin kan maak uit die makro- en mikrokosmos van ‘n gedig.

Nog ‘n voorbeeld: Nie net gebruik Marius Crous se gedig “Ted” (74) met die vernietigende huwelik tussen Ted Hughes en Sylvia Plath as interteks nie, maar ook die selfdood van Sylvia en die latere selfdood van Ted se minnares en kind:

swaar sou hy sluk
aan sy smartpraatjies
asof profeties
dis uit die stigmata
van sy gasgevulde vrou van fitzroy rd
wat die feministe
hulle penne sou volsuig
in die vliesige oë
van sy minnares en kind
soek na die ongetemde god

Die vertaling van “ongetemde” na “untamed” blyk heel eenvoudig, maar omdat dit die slotreël van die gedig is, berus soveel op die juistheid van die vertaling. Sinonieme in ons voosgevatte Pharos was: “Untamed”,  “undomesticated”, “unbroken”, “wild”. “Untamed” sou gewis nie ‘n slegte vertaling kon uitmaak nie. Die gedig het egter na meer gevra, wat Flaubert ‘le seul mot juste’ noem (“the unique exact word”). Hierdie gedig se selfdood-tematiek het ons op “savage” laat besluit. Dit  word egter nié as sinoniem in die woordeboek aangedui nie. Hier het sinchronisiteit ‘n groot rol gespeel: op ons boekrak was Al Alvarez se “The savage god” (1971), ‘n uiters insiggewende en belangrike teks wat selfdood en kreatiwiteit karteer. Alvarez het Plath in die laaste jaar van haar lewe geken. Hy baseer ook sy boek op sy eie selfdood-poging.

Bogenoemde staaltjie het ook ‘n les aan voornemende vertalers: lees so wyd as moontlik. Die vertaal van ‘n gedig vra eerder na wye belesenheid as vertaal-teorieë. Jy kan laasgenoemde weer nagaan as jy ‘n akademiese artikel oor die vertaling van gedigte wil/moet skryf.

AR: Albei van julle skryf self ook gedigte. In watter mate kan die vertalings van gedigte gesien word as ’n leerskool by die skryf van oorspronklike gedigte?

GU: Om ’n gedig na Engels te vertaal help om prosesse in my kop ten opsigte van my eie gedigte oop te beitel. Dit leer jou die haakplekke van taal en klank asook die nodige woord-dissipline wat poësie vereis. Vertaling help jou om met ‘n strenger oog na jou eie gedigte te kyk. Of dis in elk geval wat ek myself wysmaak…

TU: Translation can be an extremely valuable learning process for a poet. It hones the translator’s understanding of another poet’s creative processes. In that sense, it is a privileged sharing of someone else’s art and craft; and it feels very personal. It’s like one-on-one tuition. Who better to teach you the whole business of writing poetry than those who have been extremely successful at it? And, in a broader sense, it gives you an awareness of another language’s literary history, its tradition and its individual talents – to steal from T.S. Eliot. The process can also be a great help in dealing with one’s own writer’s block, as Joan Hambidge has pointed out.

Of course, these pleasures come only with considerable hard work and persistence. But translation remains irresistible, nonetheless.

Hierdie onderhoud het oorspronklik in Januarie 2017 op Guillotine se webblad verskyn.  

Johan Myburg: Word Art at 151

Wednesday, December 6th, 2017

René Bohnen, De Waal Venter, Corné Coetzee,

Grethe Fox, Johan Myburg en Jose Domingos.

Foto: André Clements

Johan Myburg in gesprek met Versindaba

oor die David Krut Projects, Johannesburg: Word Art at 151

Om Afrikaans te verstaan en dalk te praat kom vir nie-moedertaalsprekers straks nie só moeilik nie. Maar om poësie te lees as jy Afrikaans nie heeltemal onder die knie het nie, is ietwat meer uitdagend. “We would love to be able to understand Afrikaans poetry, but our knowledge of the language is a bit sketchy.” Dié opmerking kom ʼn mens nogal dikwels teë in ʼn omgewing waar Afrikaans nie die enigste taal is wat gepraat word nie.

ʼn Paar jaar gelede het Marlise Joubert dieselfde soort gewaarwording gehad, en boonop die behoefte aangevoel om Afrikaanse digkuns aan ʼn internasionale gehoor bekend te stel. Die projek wat sy begin het, het gelei tot die vertaling van Afrikaanse gedigte in Engels en het uiteindelik uitgeloop in die publikasie van In A Burning Sea: Contemporary Afrikaans Poetry in Translation, ʼn bloemlesing waarvan sy die redakteur was en wat in 2014 uitgegee is deur Protea.

Met die aanpak in dié bloemlesing as vertrekpunt – aan die een kant die Afrikaanse teks en op die teenoorstaande bladsy die vertaling in Engels – het die gedagte by my begin groei om ʼn aand van vertaalde Afrikaanse poësie in Johannesburg aan te bied. Spesiaal vir ʼn gehoor wat ʼn aanduiding wou kry van die stand van eietydse Afrikaanse digkuns.

Terselfdertyd het David Krut Projects in Johannesburg in 2016 besluit om meer poësieprogramme in sy boekwinkel in Jan Smutsrylaan te begin aanbied. En om ook Afrikaanse digters aan die woord te stel. Dié sluiting van die legendariese Boekehuis in Melville het ʼn leemte gelaat wat David Krut Bookstore met dié programme, “Word Art at 151”, wil vul.

Met voorstelle vir ʼn aand van vertaalde Afrikaanse verse het ek ʼn afspraak met Elzette de Beer van David Krut Projects gemaak en moontlikhede bespreek. Grethe Fox was van meet af betrokke en haar voorstel was dat vertalings van Uys Krige, haar ma se broer, ook ingesluit word as huldeblyk aan Krige wat 30 jaar gelede op 77 dood is.

Krige het as jong man en met ʼn aanvoeling vir die Mediterreense landskap heelwat vertalings gedoen uit Frans, Portugees en Spaans. Op dié manier het onder meer Vir die luit en die kitaar, Spaanse en Franse gedigte, in 1950 die lig gesien en in 1991 Spaanse dans, ʼn versameling Spaanse verse.

As maatstaf vir deelname is besluit op vier Johannesburgse digters wat vanjaar gepubliseer het: René Bohnen (Op die vingerpunte van die heelal uitgegee deur Naledi), Corné Coetzee (Nou, hier uitgegee deur Human & Rousseau), Johan Myburg (Uittogboek uitgegee deur Protea) en De Waal Venter (Oop sirkel uitgegee deur Naledi).

Die digters was bereid om hul eie werk te vertaal (enkele van my verse uit In A Burning Sea is ingesluit) en Verse / Vers: In Translation, With a Tribute to Uys Krige, ʼn program van net meer as 60 minute is saamgestel.

Van Krige is sy vertalings van gedigte deur Federico García Lorca, Pablo Neruda, Manuel Bandeira en Paul Éluard voorgedra. Die Spaans en Portugees is deur Jose Domingos voorgelees en die Frans en Afrikaans deur Grethe Fox.

Micah Myles het met sy akoestiese kitaar iets van die Iberiese skiereiland opgetower.

De Waal Venter, self ʼn knap vertaler van onder andere Neruda, het met een van sy vertalings van ʼn gedig van Ricardo Reis, heteroniem van Fernando Pessoa, voorgelees.

Elke digter het geleentheid gekry om vier of vyf verse in Afrikaans voor te lees, telkens met die Engelse vertalings gelees deur Domingos en Fox.

As dié geleentheid daartoe kon bydra dat ʼn anderstalige gehoor toegang kon kry tot Afrikaanse gedigte was dit deur en deur ʼn sukses. As ʼn groter vertaalbewussyn in die proses begin posvat het, is dit des te meer goeie nuus. Dit is hoog tyd dat Afrikaanse verse ʼn wyer gehoor bereik. Vertaling is die pad vorentoe.

 

(Johan Myburg)

 

Wicus Luwes. Die Lyne waarlangs ons Lewe

Thursday, January 1st, 2015

Ek verstaan dat ons die diereriem of zodiak by die Babiloniërs kry. Ek neem aan dat indien ons dit by Switserland gekry het, ons dalk die kaasriem of die ’12 kase van die kosmos’ sou gehad het. Elke land sou die model kon aanpas om hul geliefkoosde kase uit te beeld of om dit wat hul in die naghemel sien met lyne te verbind. Ek vermoed dat mense wat in die Gouda-tydgleef val uiters alledaags dog prakties sou wees. Verder sal Roquefort-mense se asems stink, maar hul sal nie omgee nie, want die soort kaas vereis n unieke palet en dit sal n manier wees om ander Roquefort-mense uit te snuffel. (Soos n pêl van my altyd gesê het: ‘n Gunston-ou kry gewoonlik ‘n Gunston-meisie. Ek neem aan sy navorsing is rondom n braaivleisvuur gedoen en is nie op statistieke gebaseer nie.) Parmesan-mense sal slegs as bykos gebruik kan word om ‘n groep vol te maak en sal nie as ‘n kaas op sy eie kan funksioneer nie. Al die kase sou egter met ‘n fyn lyn verbind wees, soos wat die diereriem verbind is.

 

Bekende digters se zodiak-lyne:
Capricorn / Steenbok – 22 Des – 19 Jan
Johann de Lange – 22 Des
Aquarius / Waterdraer – 20 Jan – 18 Feb
Fanie Olivier – 27 Jan, MM Walters – 23 Jan, Elisabeth Eybers – 16 Feb, Hennie Aucamp – 20 Jan, Uys Krige – 4 Feb
Pisces / Visse – 19 Feb – 20 Maart
Loftus Marais – 5 Mrt, Daniel Hugo – 26 Feb, Lina Spies – 6 Mrt, Dolf van Niekerk – 22 Feb

Die enigste plek waar ek die afgelope jaar na die sterre gekyk het, was rondom die braaivleisvuur. By ‘n onlangse verjaardagbraai sê die gasheer uit die bloute: Hierdie jaar gaan ‘n goeie jaar wees, want ons gaan dit n goeie jaar maak. Ek ken hom nog nie lank genoeg om te besluit of dit n manier was om homself op te beur en of hy werklik daarin sou glo nie. Ek hou egter van die stelling. Ons is meer verantwoordelik vir ons eie geluk as wat ons dink, maar ons is ook nie op ‘n eiland nie. Ek neem aan dat die meeste mense nie eers weet dat die voorspellings op werklike sterre-konstellasies gebaseer is nie. Die Babiloniërs het die tekens wat ons in astrologie gebruik eintlik in primitiewe astronomie gebruik om sin te maak uit hul studies. Dis net makliker om n plekhouer te volg in n Wiskunde-formule of in die naghemel. Jy kan jouself vinniger oriënteer en sin maak uit wat jy voor jou sien gebeur. Daar is dus ‘n primitiewe lyn tussen astrologie en astronomie.

Bekende digters se zodiak-lyne:
Aries / Ram – 20 Mrt – 19 Apr
Ernst van Heerden – 20 Mrt
Taurus / Bul – 20 Apr – 20 Mei
Heilna du Plooy – 2 Mei, Cas Vos – 15 Mei

Gemini / Tweeling – Mei 21 – Junie 20
Zandra Bezuidenhout – 15 Jun, TT Cloete – 31 Mei, Marius Crous – 9 June, Ronelda S Kamfer – 16 Jun, Danie Marais – 30 Mei

Bo: Ai Weiwei, Heelbo: Zodiak-koppe deur Ai Weiwei

Die Chinese-zodiak is interessant omdat dit nie oor twaalf maande strek nie, maar eerder oor twaalf jaar. Die beeldhouer Ai Weiwei se Chinese zodiak-beelde skuif oor die wêreld amper soos die son of die maan deur die tradisionele zodiak. Dit vestig miskien ons blik tydelik op die manier waarop ons na die seisoene en sirkels in ons daaglikse bestaan kyk. ‘n Fratsgolf by Durban het die afgelope feestyd een persoon laat verdrink en 150 mense diep die see in getrek. Die springgety het die fratsgolf veroorsaak. Ons word dus meer deur die maan beïnvloed as wat ons oor dink. Ons satelliet- en ander kommunikasie word ook deur son-uitbarstings geaffekteer. Ek sien die tuinbou tydskrifte gebruik die maan om te bepaal wanneer gewasse geplant en ge-oes moet word. Die lyne tussen die son, maan en aarde is duidelik sigbaar.

Die luisteraars
deur Ilse van Staden

Daar is dié wat selfs na sterre luister
sonder om te hoor
en van “son” en “lig” nooit weet nie,
wat doof bly vir betekenis.

Altyd huiwer hulle en staan
in hulself en prewel oor woorde
of die skaduwees van woorde wat langsaam
deur vensters hulle wete binnesif,
drywend ongedefinieer soos stof in sonlig,
soos sonlig self wat deining én deeltjies is.

Dan druk hulle met hande
of die skaduwees van hande behoedsaam
teen ‘n deur se geslote swygsaamheid
en prewel sonder om te vra,
wag net verwonderd tot in ewigheid:

dat God die wêreld deur ‘n woord kon maak.

 

Bekende digters se zodiak-lyne
Cancer / Kreef – 21 Jun – 22 Jul
George Weideman – 2 Jul
Leo / Leeu – 23 Jul – 22 Aug
Wilma Stockenström – 7 Aug, Tom Gouws – 2 Aug, Petra Muller – 27 Jul
Virgo / Maagd – 23 Aug – 22 Sept
Louis Esterhuizen – 30 Aug, Breyten Breytenbach – 16 Sept, Joan Hambidge – 11Sept


By n ander braai vertel n pêl my dat hy nie kan verstaan waarom die wynmakers die planne so diep in die bottels bêre nie. Tong in die kies laat hy my verstaan dat die planne eers ordentlik uitkom as die bottel amper leeg is. Dis ongelukkig die dapper planne en die simpel planne en die roekelose planne wat so diep in die bottel wegkruip. Ek wonder hoeveel sulke planne het die sterrehemel al gehoor en beleef. Nie al die dinge wat in die nuwe jaar gaan gebeur, gaan noodwendig wees soos wat n mens dit sou wou hê of hoe dit beplan is nie. Die oplossing is somtyds binne die probleem self opgesluit. Die uurglas wat leegloop word omgedraai wanneer die tyd verstryk het. Die lyn tussen ‘leeg’ en ‘vol’ is vasgevang in ‘n glasbuis wat jy self kan omdraai.

Vir sommige mense is die beelde wat Ai Weiwei maak net mooi handwerk, vir ander is dit ‘n manier om dit wat hul in die naghemel sien op aarde te interpreteer. Ons word so oorlaai met seine en boodskappe en beelde op skerms. Ek werk daagliks met ongelooflike tegnologie en sien die voordeel daarvan in, maar somtyds wil ek my lyne bepaal deur na die sterre en beelde in die naghemel te kyk en deur te dink aan nuwe beelde wat my gedagtes kan verbind en nuwe lyne wat ek kan trek.

Bekende digters se zodiak-lyne:
Libra / Weegskaal – 23 Sept – 22 Okt
DJ Opperman – 29 Sept
Scorpio / Skerpioen – 23 Okt – 21 Nov
Marlene van Niekerk – 10 Nov, Antjie Krog – 23 Okt, Carina Stander – 20 Nov
Sagittarius / Boogskutter – 22 Nov – 21 Des
Marlise Joubert – 17 Des, Johann Lodewyk Marais – 21 Des, Andries Bezuidenhout –  21 Des, Adam Small -21 Des, Gilbert Gibson – 27 Nov, Sheila Cussons – 25 Nov

Daar is lyne tussen dieselfde gedig in ‘n ander taal en miskien maak dit die gedig nuut vir jou oë, hart en verstand:

The Listeners
deur Ilse van Staden (vertaal deur Charl JF Cilliers)

There are those who listen even to the stars
without ever hearing
or knowing about “sun” or “light”,
remaining deaf to meaning.

Always they hesitate, standing
within themselves, mumbling about words
or the shadows of words that gradually
infuse their awareness through windowpanes,
drifting undefined like dust motes in light,
like light itself, both particle and wave.

Then they press with cautious hands
or the shadows of hands
against the locked silence of a door
and mutter without ever asking,
just waiting, eternally amazed

that with a word God could have made the world

(Uit ‘in a burning sea)

 

My wens is dat die lesers van hierdie blog die lyne in hul lewe tot hul voordeel sal gebruik in die jaar wat voorlê:

Besit en Gebruik
deur CJ Langenhoven

Jou krag beteken niks: ‘n perd het meer as jy,
Maar jy kan dit gebruik om hom te tem en ry.
En jou geduld is niks: ‘n donkie’t meer as jy,
Maar jy kan dit gebruik wanneer jy met hom ry.
Jou kennis is ook niks: ‘n boek het meer as jy,
Maar jy kan dit gebruik om meer nog by te kry
Ervaring dan? ‘n Swerweling het daarvan meer as jy,
Maar jy kan dit gebruik om swerflingskap te kry.
Bekwaamheid? Daar is mense meer bekwaam as jy,
Wat graag vir hul bekwaamheid ‘n lewenstog sou kry.
Besit van gawe nie, maar die gebruik daarvan
Gee aanspraak op die naam van ‘n begaafde man.

 

Bronne
1. Internet: http://hypebeast.com/2011/3/ai-weiwei-circle-of-animalszodiac-heads-
exhibition-pulitzer-fountain
2. Internet: http://thebaresquare.com/tag/gallery/
3. Internet: http://www.china-acupuncture.net/images/foot.jpg
4. Internet: http://www.theguardian.com/artanddesign/gallery/2011/may/10/ai-weiwei-
exhibitions
5. Joubert M, In a Burning Sea, Protea Book House, Pretoria, 2014
6. Pienaar E.C. Dr, Digters uit Suid-Afrika, Holl.-Afrik. Uitgevers-Mij, Kaapstad, 1929

  •