Beverly Rycroft wen vanjaar die Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie met haar digdebuut, Missing. Die digters prof. Wendy Woodward, Liesl Jobson en Helen Moffett was die beoordelaars. Rycroft is uitgesonder vir haar “versvaardigheid, haar sterk stem en die oorspronklikheid en verskeidenheid in haar beelding en stemtoon.” Die beoordelaars het waardering uitgespreek vir die innemende verhaal…