Saterdag het dit hier by ons in die voorstede gehael en gister het dit gereën toe ons die pad vat na Melville. In Johannesburg beteken sulke weer deesdae meermale dat die krag af is. Die dooie verkeersligte dwarsoor die stad was dus ʼn vroeë aanduiding dat warm koffie ons nie eintlik gaan inwag in Sewendestraat…