Reis om die wêreld Vir André Olyf reise bome water jy met jou liggaam van varings dromend in my arms digby die Seine met jou liggaam van wit gewels met jou liggaam van bitter son in Barcelona (agter die stiergevegte die siëstas van jou hande) Reise van stilte reise van mure reise…