Posts Tagged ‘Invisible Cities’

Pieter Odendaal. Onsigbare stede

Tuesday, January 4th, 2011

What makes Argia different from other cities is that it has earth instead of air. The streets are completely filled with dirt, clay packs the rooms to the ceiling, on every stair another stairway is set in negative, over the roofs of the houses hang layers of rocky terrain like skies with clouds. We do not know if the inhabitants can move about in the city, widening the worm tunnels and the crevices where roots twist: the dampness destroys people’s bodies and they have scant strength; everyone is better off remaining still, prone; anyway, it is dark. From up here, nothing of Argia can be seen; some say, ‘It’s down below there,’ and we can only believe them. The place is deserted. At night, putting your ear to the ground, you can sometimes hear a door slam.

© Italo Calvino

Italo Calvino

Italo Calvino

Drie weke gelede het ek Italo Calvino se Invisible Cities in Kamsbaai vir R20 opgeraap na ‘n vriend my vertel het dat hy nooit weer dieselfde na stede sal kan kyk nadat hy die boek gelees het nie. Die boek gaan oënskynlik oor verbeelde gesprekke tussen Marco Polo en Kublai Khan: Die ontdekker betower die heerser deur die stede wat hy besoek het aan hom te beskryf. Maar die boek is g’n reisjoernaal nie: Calvino gebruik die stede as springplanke om oor taal, begeerte, anonimiteit, geheue, die dood en ander dinge te dig. Ek sê dig, omdat die 55 fragmente waaruit die stad-beskrywings bestaan niks minder as gedigte is nie. Goed, dit voldoen dalk nie aan Eagleton se vereiste dat gedigte van ander tekste op grond van hul reëlbreuke onderskei kan word nie, maar Eagleton het duidelik nog nie Invisible Cities gelees nie. Calvino se sensitiwiteit vir ritme, beelde en laaste reëls bevestig dat hierdie Italianer ‘n digter is, soos die bostaande uittreksel onomwonde bewys. Calvino se Engelse vertaler, William Weaver (wat ‘n mooi skrywersvan!), het so ver as moontlik probeer om die poëtiese klem op ritme en klank van die oorspronklike Italiaans te behou:

Translating Calvino is an aural exercise as well as a verbal one. It is not a process of turning this Italian noun into that English one, but rather of pursuing a cadence, a rhythm-sometimes regular, sometimes wilfully jagged-and trying to catch it, while, like a Wagnerian villain, it may squirm and change shape in your hands.

Kunstenaarsvoorstelling van Zenobia

Kunstenaarsvoorstelling van Zenobia

Alhoewel die boekie vinnig lees, is dit ‘n poësiebundel in die sin dat jy moet terugkom na die fragmente om hulle oor en oor hardop voor te lees omdat jy bitter graag weer die stede wil besoek. Daar is Octavia, die stad wat tussen kranse hang; Zenobia, die stad wat op stelte staan; en Zobeide, die stad waaroor honderde mans gelyktydig gedroom het en toe gebou het sodat die kaal meisie wat in hulle droom deur die verbeelde stad gehardloop het, nie uit die werklike stad kon ontsnap nie.

Calvino lewer ook kritiek teen die postmoderne verbruikerskultuur waarin hy homself bevind het en waarin ons almal vandag verstrengel is. In Leonia gooi die inwoners elke dag al hulle verbruikersartikels van die vorige dag weg om nuwes te koop. Die gevolg is ‘n reuse ashoop om die stad wat uiteindelik Leonia verswelg.

John Welsh van die Universiteit van Virginia reken dat Invisible Cities die vraag van etiek in ‘n postmoderne wêreld head-on konfronteer. Volgens Welsh probeer Calvino bepaal hoe skrywers die geweld van representasie kan omseil om sodeoende die morele plig van die letterkunde na te kom. Hierdie bemoeienis is veral in die fragmente getiteld “Cities and Signs” te bespeur. (Welsh se insiggewende artikel kan hier gelees word.) Maar Calvino is nie een van daardie skrywers wat karnaval hou terwyl hy besef dat die doolhof van representasie onontsnapbaar is nie:

What literature can do is to define the best attitude that one can take in order to find the way out of the labyrinth, even if escaping the labyrinth will only lead to another labyrinth. It is the defiance of the labyrinth that we want to save, it is a literature of the defiance of the labyrinth that we want to clarify and distinguish from the literature of the surrender to the labyrinth (Una pietra sopra, 1980).

En Calvino skep ‘n ontsnaproete uit hierdie No Exit-labirint in die laaste woorde van Invisible Cities:

The inferno of the living is not something that will be; if there is one, it is what is already here, the inferno where we live every day, that we form by being together. There are wo ways to escape suffering it. The first is easy for many: accept the inferno and become such a part of it that you can no longer see it. The second is risky and demands constant vigilance and apprehension: seek and learn to recognize who and what, in the midst of the inferno, are not inferno, then make them endure, give them space.

© Italo Calvino

  •