In ‘n vorige Nuuswekker het ek berig van die veldtog wat die Franse filosoof en skrywer, Henri Bernard-Lévy, van stapel gestuur het téén die verkiesing van die omstrede Egiptiese minister van Kultuur, Farouk Hosni, as direkteur-generaal van die invloedryke Unesco. Eintlik het ek hiervan vergeet, maar Saterdag vra iemand my wat toe die verdere verloop was…