Posts Tagged ‘Irma du Plessis’

Desmond Painter. Handelaars in kennis en idees?

Sunday, June 5th, 2011

Ek het hierdie naweek twee goed gelees wat my weereens laat dink het aan die gesprekke wat deur Heilna du Plooy en Pieter Odendaal se onlangse bloginskrywings op loop gesit is. Die eerste is Irma du Plessis se uitstekende artikel oor studentskap en die universiteitswese in Suid-Afrika wat Saterdag in BY verskyn het. Lees dit gerus, dit is die moeite werd — soos altyd maar met Irma se intervensies die geval is.

Die tweede ding is hierdie aanhaling van Bernard Stiegler, die hedendaagse Franse filosoof van die tegniek: ‘There is no doubt that a real conflict of cultures announces itself, that is, a struggle to try and impose behavioural models, collective programs through which markets must be dominated, for that is the question hidden behind all this: an unprecedented, merciless commercial world war where digital networks are already, are at first, and will increasingly be fighting instruments for the conquest of world commerce – of the world commerce of merchandise as well as ideas.’

Dit is daardie ‘as well as ideas’ wat, in die lig van ons gesprekke, by my spook.