Digstring: Die Heilige Nikolai van Japan Die Heilige Nikolai van Japan Wie sou nie verlang nie, soos sy dagboek verraai, na die berkeboom, die goue halms en goue gerf, na somber klokke wat teen skemer hul galms saai en koepels wat wink waar ’n pelgrim ook al swerf. Wie sou nie verlang nie…