Gedigte oor Keltiese Heiliges, ter gedagtenis aan wyle Karel Schoeman deur Jacobus van der Riet Die boek Uit die Iers, dekades gelede aan my geskenk deur my vriend Faan Herholdt, waarin Karel Schoeman vir ons Afrikaanse vertalings van Oud-Ierse gedigte gee, het ‘n groot indruk op my gemaak en my op ‘n speurtog geplaas…
Tag: Jacobus van der Riet gedigte
Jacobus van der Riet. Op die vooraand van Corpus Christi, 16 Junie 1990
Op die vooraand van Corpus Christi, 16 Junie 1990 Hector Pieterson word weer gedra deur die strate, van lamppaal na lamppaal in die arms van Mbuyisa. Hoor hoe roep die plakkate: Remember June 16. Hector Pieterson lê kop agteroor, so swaar gewond, sy oog gesluier, regterhand geknak oor sy maag die bloed om sy mond…
Jacobus van der Riet. Twee gedigte
Die Heilige Berouvolle Rower (oorl. 33 n.C.) Was dit die spykers wat deur pols en enkels dring of jou makker se geworstel en wrewel en gevloek wat skielik die skrander en skrynende insig bring, of die bloedbevlekte blaaie van jou lewensboek? Was dit die oplig vanaf die aarde wat perspektief verleen, die gestrekte…
Jacobus van der Riet. Twee gedigte
Die Heilige Evangelis Lukas – Feesdag 18 Oktober Hooggeagte Lukas, oor jou besadigde, gedrae styl kan ek kwalik sonder ‘n omhaal van woorde skryf. Verdra my, verleen my verlof om sonder verwyl my grenslose verwondering op die spits te dryf. Nooit verraai jy enige verbasing, enige ontsteltenis, nooit spreek jy ‘n oordeel of…
Jacobus van der Riet. Twee gedigte
Die Heilige Nuwemartelaar Johannes van Thasos, die Kleremaker (oorl. 1652) – Feesdag 20 Desember Jy ken die prys van linne, damas en bombasyn, jou vingers voel die verskil tussen moeslien en sis, jy kan fluweel na waarde skat en ook pels en satyn, dog onervare in die kuns van kibbel, begin jy twis, …
Jacobus van der Riet. Twee gedigte
Die Heilige Lukas van Simferopol, die geneesheer (1877-1961) – Feesdag 11 Junie Duisende duiwe vleg kranse van dons en veer waar hulle sirkel bo en om ‘n vasberade stoet, al langs die volgepakte strate van Simferopol waar die somber note van die Trisagion rol oor die hoof van ‘n komissaris wat wou verhoed dat…