Ontoereikend My kind sing in die juniorkoor, ‘n groepering van mini-engele. Sag en toonvas rol die note van psalms en gesange tot teen die Here se voete, waar Hy dit optel, rondrol in Sy mond, oor en oor kou en dit verontwaardig uitspoeg voordat Hy bulderend skree: Begin voor! © Jacques…
Tag: Jacques Boshoff gedig
Jacques Boshoff. At Astra
At Astra Op ‘n vlug kort voor landing in Upington glinster ‘n helder wit lig uit die Groen Kalahari se kliplande na bo. Ek bepeins hieroor, maar geen klinkklare antwoord verskyn nie. Dalk ‘n bymekaarkomplek vir die wegraping, ‘n supersoniese stasie na die paradys? Aankomelinge uit Andromeda, besig met konstruksie…
Jacques Boshoff. Lukas 6:37
Lukas 6:37 Op besoek aan die Drakensberge dwaal ons van die hoofpad en beland by ‘n Hindoe-god, groot en blou en netjies afgeëts teen die groen en grys van die berge. Hierdie god, stil en waardig, tuur oor die vallei en terwyl pelgrims stadig buig en bid en geurige offerstokkies brand trap…
Jacques Boshoff. Laat my lammers wei
Laat my lammers wei (Kestell Kinderhuis circa 1996) sondae het ons in rye gestap by die kinderhuishek uit sonverbleikte bruinbroodkinders na waters van rus na weiding in ‘n wit gebou waar ons honger aangesit het by ‘n skriftuurlike sopkombuis en oorvloedig gevoer is met woorde vars gepars uit ou boorde waarom dan,…
Jacques Boshoff. Die onskuld nou verlore
Die onskuld nou verlore My studeerkamermuur is volgeplak met vadersdagsketse en kersvaderbriewe. Plek-plek kom die prente los, die gevolg van seisoene se beur teen swaartekrag. Ek het geweet die dag moes kom, maar hoe lomp en onvoorbereid is ek vir hierdie afskeid uit sprokiesland? Hoe dun is die lyn tussen feëverhaal en…
Jacques Boshoff. Noodgeval (M)
Noodgeval Die ambulans se lig weerkaats rooi op sy blou gesig. Met aankoms word hy opgeneem en geïntubeer. Resus! staan op sy lêer. Dit rym met Jesus, sê sy pa en die wagkamer word ‘n kerkgebou van agterstallige gebede en skuldige gewetes. Uiteindelik, uit die spierwit gang kom ‘n lang man…
Jacques Boshoff. Doodsvonnis (M)
Doodsvonnis Haar lêer lê skuins en moeg op ‘n kartondoos en wag vir die onkoloog se ervare hande. Mevrou, ons het slegte nuus: Die kanker het versprei en dit is nou in die finale fase. Verstaan jy, mevrou? Haar gedagtes is egter ver van hier – sy dink haar terug in…
Jacques Boshoff. Ongevalle (M)
Ongevalle Die skoonmaker begin by die spoelkamer en beweeg daarna na die wagarea. Hier tree sy egter versigtig want met elke vee van die mop verwyder sy bewyse van lewe: Voetspore en bloedstrepe. © Jacques Boshoff, 2024 The AVBOB Poetry Competition reopens on 1 August 2024. Visit our extensive archive…