Desembergedig Die hond in Desember Die dag begin. Die hond buk toe-oë oor sy bak, asof hy bid voor hy eet. Hy volg die oggendson, jaag geelvinke en akkedisse, loop om die swembad, getrou langs die Kreepy se sirkelpad. Hy speel op sy eie met ‘n tak en tennisbal, bring ‘n…
Tag: Jacques Boshoff gedig
Jacques Boshoff. Springgety
Springgety Jakarandas kantel, hang vrugbaar en swaar, stol in ‘n suiwer moment, die perfekte, primordiale boog van inhou, terughou, voor die meegee. Dan, iewers, by ‘n enkele boom is daar ‘n ligte vibrasie, begin ‘n kettingreaksie: bome bars en bloei onbeskaamd pers en oorvloedig, soos konfetti in Oktober se strate. Helaas,…
Jacques Boshoff. Sê tog wat “terminaal” beteken!
Sê tog wat “terminaal” beteken! Netwerk24, 23 Desember 2021 ‘n Groot groenbruin kewer lê voor my agterdeur, kriewel op ‘n koue teël, desperaat, rek en strek en swaai drie oorblywende bene sonder voortgang – van iewers, hoog, die hoonlag van ‘n hadeda, honger en sonder genade die troostelose koms van…
Jacques Boshoff. Telkom en Okosa maak vrede oor spektrum
Telkom en Okosa maak vrede oor spektrum Netwerk24, 11 April 2022 Die kind trippel en wip soos ‘n klipspringer in geluidlose gras. Sy woeker en lawaai in die woeste wind, maar bly duidelik onhoorbaar: net ‘n voetnota in dié verhaal. © Jacques Boshoff, 2025
Jacques Boshoff. Tieners en sosiale media
Tieners en sosiale media Netwerk24, 16 November 2024 selfoonkamera slurp lig gulsig fotosinteer reproduseer verinneweer disintegreer © Jacques Boshoff, 2025
Jacques Boshoff. Ontoereikend
Ontoereikend My kind sing in die juniorkoor, ‘n groepering van mini-engele. Sag en toonvas rol die note van psalms en gesange tot teen die Here se voete, waar Hy dit optel, rondrol in Sy mond, oor en oor kou en dit verontwaardig uitspoeg voordat Hy bulderend skree: Begin voor! © Jacques…
Jacques Boshoff. At Astra
At Astra Op ‘n vlug kort voor landing in Upington glinster ‘n helder wit lig uit die Groen Kalahari se kliplande na bo. Ek bepeins hieroor, maar geen klinkklare antwoord verskyn nie. Dalk ‘n bymekaarkomplek vir die wegraping, ‘n supersoniese stasie na die paradys? Aankomelinge uit Andromeda, besig met konstruksie…
Jacques Boshoff. Lukas 6:37
Lukas 6:37 Op besoek aan die Drakensberge dwaal ons van die hoofpad en beland by ‘n Hindoe-god, groot en blou en netjies afgeëts teen die groen en grys van die berge. Hierdie god, stil en waardig, tuur oor die vallei en terwyl pelgrims stadig buig en bid en geurige offerstokkies brand trap…
