Desembergedig Kersfees op Misgund God gebied laat geskied U wil daarbo soos ook hieronder laat my naaste my haat want ek het hom nie lief nie en wees hom nie goedgunstig nie want my toorn rus immer op sy hoof ̶ reken hom toe wat u my vergewe. © Jakes Möller, 2025…
Tag: Jakes Möller gedig
Jakes Möller. In vino, veritas; in aqua, sanitas
In vino, veritas; in aqua, sanitas Pars die druif tot humor daaruit vloei, droog en bloederig of bleek en vrank. Die aardse geknoei word draaglik gemaak met hierdie hemelse drank. Les my dors met Eau-de-vie, reinig my met water van die lewe. Verkwik my gees met Aquavit voor ek my oor die…
Jakes Möller. verkyker & vergrootglas
verkyker & vergrootglas die mier skarrel onder my vergrootglas wil-wil die strale se brandpunt ontsnap ek hoor iemand wat lag uit die hemel en kyk met my verkyker na die son © Jakes Möller, 2025
Jakes Möller. Die reis van onmoontlike gebeure
Die reis van onmoontlike gebeure (memento mori) Hierdie is die ware verhaal van ‘n onmoontlike reis, of liefs die reis van onmoontlike gebeure. In Groenland ontmoet ek ‘n ysberin met haar slee en vooraan twee rendiere. Spring maar op, nooi sy my uit; sy verhuis want die yskap smelt. Hup! sê Ysberin…
Jakes Moller. Peter Place straat, Bryanston
Peter Place straat, Bryanston verby ‘n luukse motorhandelaar verloop hierdie straat verby ‘n maer man met ‘n trollie waarmee hy rommel vergaar verby advertensies vir skoonheidsprodukte (vir die oorsensitiewe vel) verby die Oorinstituut en pasmaak ortodontis met verderaan die uithangborde van NRO’s wat maan teen verkragting en gesinsgeweld of vertel hoe…
Jakes Möller. Sinaps
Sinaps Helaas, elke liewe mens se brein kwyn oplaas weg totdat alle sinapse verdwyn. Die voorlaaste een maak ‘n flou grappie, die allerlaaste lag haar oulaas ‘n papie. © Jakes Möller, 2025
Jakes Möller. Tweespalt
Tweespalt ons sit sy aan sy en stry, ek en hy hy die linkerbrein ek die regterkant wispelturige wederhelftes onder ‘n halfmaan skedeldak hy vertel my nie die helfte nie ek hou ‘n halwe waarheid voor ons is halfbroers hot en haar sy aan sy aan stry ek en hy © Jakes Möller, 2025
Jakes Möller. Die wet van Transvaal
Die wet van Transvaal (Zoutnet, 30 Oktober 2021) ek vind ‘n eier in die spens dit lê daar ligbruin en ovaal plons dit in ‘n pot met water maar dit weier om af te daal ek stel vererg die plaat op hoog draai die eierwekker tot by tien spoedig begin die borrels…
