Woudgesang (met dank aan Johann, Gunther en Ingrid) Op die spitse heers geen rus, selfs die bome is seer bewus van ‘n bries wat kil in die kruine roer. Die muwwe muskus van molm en mos rys bo die harsreuk in ons dennebos, ‘n voetpad van naalde op die woud se vloer….