Daar is min dinge uit die jare tagtig wat ek mis. Nie die frustrerende Rubiks-blok nie, nog die neon hemde. Ek mis nie die groot hare nie…wel, ek mis die hare, punt. Ek mis nie die biep-biep-biep en blokkerige grafika van Space Invaders op die Atari speletjiekonsole nie. Ek het die A-Team so bietjie gemis,…