Gaius Valerius Catullus. Vertaling in Afrikaans
Thursday, November 26th, 2020
Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (26)
Gaius Valerius Catullus. Vertaling van Latyn in Afrikaans. Vert. deur Jean Meiring.
Catullus 101
Baie lande deur en oor baie waters heen gevoer
Kom ek, broer, nou vir dié droewe neerdaling
Aan sodat ek teenoor jou my laaste eer kan betoon
En om dowe neute jou sprakelose as aanspreek
Want die noodlot het jou, net jou, finaal van my geroof.
Ag, arme broer, onverdiend is jy weggeraap van my.
Neem tog nou, in dié tussentyd, dit wat van oudsher
As die laaste triestige geskenk gegee word, voor jy
Ter aarde gaan, al lê dit onder jou broer se trane toe.
En, vir ewig en vir altyd, broer, vaarwel en totsiens.
***
Carmen 101
Multās per gentēs et multa per aequora vectus
adveniō hās miserās, frāter, ad īnferiās,
ut tē postrēmō dōnārem mūnere mortis
et mūtam nequīquam alloquerer cinerem
quandōquidem fortūna mihi tētē abstulit ipsum
heu miser indignē frāter adempte mihi
nunc tamen intereā haec, prīscō quae mōre parentum
trādita sunt tristī mūnere ad īnferiās,
accipe frāternō multum mānantia flētū.
Atque in perpetuum, frāter, avē atque valē.
The Student’s Catullus, derde uitgawe, 2004, University of Oklahoma Press, deur Daniel H. Garrison.