Posts Tagged ‘Jo Shapcott’

Louis Esterhuizen. Jo Shapcott ontvang Koningin se medalje

Wednesday, January 4th, 2012

Verlede week is dit bekend gemaak dat die Britse Koningin se goue medalje vir poësie vir 2011 aan die immergewilde Jo Shapcott (foto) toegeken word. Vroeër is haar mees onlangse bundel, On Mutabilit, ook met die Costa  “boek-van-die-jaar” toekenning vereer.

Volgens The Guardian se berig bestaan die paneel van beoordelaars uit “eminent men and women of letters” wat deur die poet laureate, Carol Ann Duffy saamgestel word. Duffy het na Shapcott se verering verwys as “the true crowning” van ‘n veelbekroonde loopbaan waaronder die National Poetry Competition (twee keer), die Commonwealth Poetry Award en die Forward Poetry Prize gereken kan word.

Tydens die aankondiging het Duffy onder andere melding gemaak van die “calm but sparkling Englishness” wat Shapcott se digkuns kenmerk; ‘n digkuns “that manages to combine accessibility with a deeply cerebral engagement with all the facets of being human – alert to art and science, life and death. Her peers will be very proud and happy for her today,” het sy bygevoeg.

Hieronder volg ‘n gedig deur Jo Shapcott.

***

Procedure

This tea, this cup of tea, made of leaves,

made of the leaves of herbs and absolute

almond blossom, this tea, is the interpreter

of almond, liquid touchstone which lets us

scent its true taste at last and with a bump

in my case, takes me back to the yellow time

of trouble with bloodtests, and cellular

madness, and my presence required

on the slab for surgery, and all that mess

I don’t want to comb through here because

it seems, honestly, a trifle now that steam

and scent and strength and steep and infusion

say thank you thank you thank you for the then, and now

© Jo Shapcott (Uit: Of Mutability, 2010: Faber & Faber)

Marcelle Olivier. So stil soos die graf: Die Poetry Society, die vreemde bedankings, en die rooi kruiwa vol name

Monday, July 4th, 2011

Nuus uit Brittanje: So stil soos die graf: Die Poetry Society, die vreemde bedankings, en die rooi kruiwa vol name

.

Die afgelope twee weke daag daar elke dag of twee ‘n briefie van Kate Clanchy in my epos-boksie op wat my op die hoogte hou van onlangse verwikkelinge by die Poetry Society. Want daar is groot probleme.

Kate Clanchy - 'n besige digter

Kate Clanchy - 'n besige digter

Vir die wat nie weet nie, die Poetry Society is die grootste van sy soort in Brittanje. Gestig in 1909, en met ‘n lidmaatskap van amper 4 000, sorg die Poetry Society dat digkuns binne die nasionale bewustheid bly. Hulle publiseer onder andere ‘n joernaal, Poetry Review, en nuusbrief vier maal per jaar, asook menigte tematiese bloemlesings wat gewoonlik goed verkoop. Hulle het hulle eie spasie in London waar hulle voorlesings en lesings organiseer en werkswinkels aanbied. Die Poetry Society deel beurse uit, bied persoonlike ‘poetry surgeries‘ aan, en doen baie (en baie goeie!) werk onder skoolkinders. Hulle is verantwoordelik vir die Nasionale Poësie-kompetisie (asook die jeug-weergawe daarvan) wat werklik ‘n kompetisie vir almal is – die Poet Laureate, Carol Ann Duffy, het in 1983 gewen, en Ruth Padel in 1996, maar die 2010 wenner was byvoorbeeld ‘n ongepubliseerde digter genaamd Paul Adrian. (Jy kan sy wengedig hier lees).

‘n Paar weke gelede, uit die bloute, het die Poetry Society se president, die vername Jo Shapcott, haar bedanking ingedien. Daar is stories in die rondte dat sy uitgeforseer is, en verskeie teorieë: dat die gewaande spandering van ‘n regeringstoelae van meer as £100 000 aan die Poetry Society die onmin veroorsaak het; dat die inhoud van die Review problematies is en dat daar deesdae te veel kommentaar en te min digkuns gepubliseer word; dat die Review besig was om elitisties te word en dringend meer ‘jong bloed’ benodig. Wat presies Shapcott se mening hieroor en rol hierin was, is duister, omdat die Poetry Society – so tussen die facebook- en Twitter bespiegelings deur – hulle hortjies styf toegetrek het en Shapcott self nie eens ‘n openbare verklaring gemaak het nie.

Skaars was hierdie nuus koud, toe volg woord van die bedankings van die finansiële direkteur, Paul Ranford, en die Poetry Society se hoofdirekteur, Judith Palmer, waarvolgens dit toe blyk dat Palmer reeds in Meimaand uitgeloop het ná ongelukkigheid oor die gebruik van die Arts Council-geld. Fiona Sampson, die redakteur van die Review, word toe skielik ook betrek as gevolg van haar sterk opinies oor wie en wat in die Review gepubliseer kan word. Nog steeds is daar geen publieke persverklaring nie, maar daar verskyn ‘n notatjie op die webwerf en ‘n e-pos word aan lede uitgestuur (‘Judith Palmer resigned as Director of the Poetry Society on 20 May 2011. The Board accepted her resignation with regret. Judith’s resignation and her reasons for resigning have since been the focus of some press attention and speculation. In light of ongoing discussions with Judith, the Board deems it inappropriate to comment on Judith’s reasons for resigning‘). Die koerante volg die storie op, en ‘n paar blogs begin persoonlik raak – Carrie Etter se blog word verwyder nadat die kommentare wat verskyn het, so lasterlik raak dat daar werklik ‘n kans was dat iemand sou dagvaar. En, om alles te kroon, kom die bedanking laat-Junie van die voorsitter van die raad, Peter Carpenter. Weereens sonder redes. Einde verlede maand kry lede nog ‘n e-possie om te noem dat ‘n interim direkteur, Amande Smethurst, aangestel is; dat Laura Bamford oorgeneem het as waarnemende voorsitter, en dat alles voortgaan soos normaal. Jane Holland doop die hele affêre ‘poetrygate‘.

Poetry Society No More - Jo Shapcott

Poetry Society No More - Jo Shapcott

Die goeie nuus, selfs al is dit vir die verkeerde redes, is dat die lidmaatskap van die Poetry Society oor die afgelope twee weke bietjie gegroei het. Dit danksy Kate Clanchy. Sy het ‘n petisie begin om uit te vind presies watter knelpunte binne die echelons van die Poetry Society veroorsaak het dat al hierdie mense bedank het. Volgens die grondwet kan ‘n ‘Extraordinary General Meeting’ (EGM) aangekondig word as 10% van die lede dit vereis. Clanchy het voelers uitgesteek; weereens het facebook en Twitter begin brand, en haar groepie ondersteuners het vinnig begin groei. Party digters hernu hulle lidmaadskap wat verval het, andere praat openlik oor die feit dat hulle voel dat die Poetry Society dinge vererger deur te swyg.

Alastair Niven, OBE, en onder andere voormalige hoof van literatuur vir die British Council, skryf: ‘I have signed this requisition because I don’t know the ins and outs of what has been happening at the Poetry Society and believe therefore that there needs to be open discussion about the situation through an EGM. The Poetry Society is a national organisation charged with promoting every kind of poet, but it has a particular remit to educate and inform. This includes providing information about itself. I had thought that the days of in-fighting at the Society, which bedevilled it in my early years as Director of Literature at the Arts Council, were well and truly behind it, but sadly no. On the face of it the resignations of the President, Director and Finance Director of the Poetry Society are an utter tragedy. It is not only the members of the Society who deserve an explanation of what is going on, but so do the general public whose money makes possible the Society’s biggest provider, Arts Council England.’

Gillian Clarke, wat die posisie van nasionale digter vir Wallis beklee, sê wat baie dink: ‘We don’t want to know who quarrelled with whom. We do want to know what the disagreement is about. If there is a shift in emphasis in Poetry Society work, and how money is to be spent, tell us please. This cannot be kept under wraps. The truth will out, so let’s talk about it openly now.’ En die poet laureate, Carol Ann Duffy, het die volgende te sê: ‘As poet laureate, everywhere I’m going people are asking ‘What’s going on at the Poetry Society?’ and I don’t know […] We need some clarity, we need to know what is happening.” In haar kommentaar noem sy ook dat die vergadering moet fokus op ‘what the future holds, and the use of the grant […] We all want to be proud of the Poetry Society’.

Terwyl daar aan die bewoording van die rekwisisie gewerk word, laat weet die Poetry Society dat hulle ‘n algemene vergadering reël ‘to outline the future strategy of The Poetry Society and to receive members’ input‘. Verskeie blogs spekuleer dat dit slegs gedoen word om hulle die verleentheid van ‘n offisiele rekwisisie te spaar. Nietemin stuur Kate Clanchy op die 1ste Julie ‘n ope brief aan die Poetry Society, op daardie stadium onderteken deur 365 lede, insluitende Carol Ann Duffy, Gillian Clarke, George Szirtes, Alastair Niven, Vicki Feaver, Neil Astley, Imtiaz Dharker, en Michael Schmidt. Clanchy deel Laura Bamford se effe teleurstellende antwoord met al die ondertekenaars in ‘n e-pos en ‘n paar advokate onder die lidmaadskap gee kommentaar; veral verassend is dat Bamford se terugvoer glad nie die issue van ‘n die EGM aanraak nie. Dit is ‘n probleem, want die grondwet vereis dat ‘n EGM gehou moet word as 10% van die die lede daarvoor vra.

Carcanet Press se Michael Schmidt

Carcanet Press se Michael Schmidt

Op die 4de Julie, lees die rekwisisie soos volg: We, the undersigned, constituting as we believe ten percent of the members of The Poetry Society, having learnt of the resignation of the Chair of the Board of Trustees and the Director, the Finance Manager and the President of the Society, and in order to determine whether, in these extraordinary circumstances, the Board of Trustees has our continuing confidence, require the Board to hold an Extraordinary General Meeting, with a Chair elected by that meeting, to provide an explanation of the practices, policies and changes in policy which led to these resignations, and to answer questions on this matter from the floor. In order to avoid unreasonable expense to the Society, we require the Extraordinary General Meeting to be held before or instead of the General Meeting called by the Society at 2pm on 22 July 2011. Daar is meer as 400 ondertekenaars.

Kate Clanchy en kie sal op die 5de Julie die rekwisisie persoonlik by die Poetry Society se hoofkantoor aflewer. Dit is, voel mense, as Bamford se oorsponklik antwoord in ag geneem word, die enigste manier om die EGM te verkry sonder om regsgeleerdes in te bring. Clanchy dink ook dat dit belangrik is om fisies te wys hoe baie 10% van die lidmaadskap is: iemand het ‘n rooi kruiwa geskenk, en daar word beplan om elke naam uit te druk, die kruiwa vol te stop, en dit dan deur London se strate tot by die Poetry Society se voordeur te stoot. Clanchy verduidelik dat dit nie ‘n ‘press stunt‘ is nie, maar ‘more a way of celebrating what we have done with a cheerful and poetic symbol. Because, even though there are aspects of this which are a nasty bureaucratic squabble, the campaign for openness in itself has gathered people together in a spirit of humour and affection for each other and the Poetry Society.’

Hou maar ‘n ogie op die Britse pers om te sien wat verder gebeur – poetrygate is nog lank nie klaar nie. As jy toevallig ook ‘n lid van die Poetry Society is en graag die kruiwa wil ondersteun, kan jy tot en met middernag GMT op die 4de Julie (Dinsdag-oggend 5 Julie om 01:00, SA-tyd) ‘n e-pos aan kateclanchy@gmail.com stuur, met jou naam en lidmaadskapnommer. En as jy graag wil lid word, is daar ‘n aanlyn-vorm wat jy kan invul; jy kan dan dadelik ook jou stem uitbring indien jy sou wou.

….

The Red Wheelbarrow

deur William Carlos Williams

.

so much depends

upon

.

a red wheel

barrow

.

glazed with rain

water

.

beside the white

chickens.

 

Jo Shapcott se segetog duur voort

Monday, January 31st, 2011
Jo Shapcott

Jo Shapcott

In die woonkamer van die Britse digkuns is Jo Shapcott omtrent besig om die stoele om te gooi. Onlangs nog het Nuuswekker berig oor haar bundel, Of Mutability, wat met vanjaar se Costa Poetry Award bekroon is. Voortspruitend hieruit het die organiseerders van die Costa Awards aangekondig dat haar bundel ook aangewys is as wenner van die kroonprys, naamlik die Costa Book of the Year Award. Dit is maar slegs die 7de keer dat ‘n digbundel met dié prys – wat in 1971 as die Whitbread Prize ingestel is – vereer word; ‘n ietwat verrassende keuse aangesien die groot gunsteling onder letterkundiges en beroepsweddeers Edmund de Waal se familiesage, The Hare With The Amber Eye, was.

Volgens die persverklaring was dit egter ‘n kop-aan-kop-stryd tussen Of Mutability en Maggie O’Farrell se roman, The Hand that First Held Mine gewees. Ek haal aan uit The Guardian se berig oor dié aankondiging: “According to the chair of judges, broadcaster Andrew Neil, ‘a clear majority’ of the jurors had voted for Of Mutability, praising it as ‘very special and unusual and uplifting’. They felt that the book was ‘so accessible, and the subject matter was so relevant that if any poetry book could capture the spirit of life in 2011, this would be it’. Neil said that his colleagues – who included poet Ruth Padel, actor David Morrissey and broadcaster Natasha Kaplinsky – had in the end been divided between Of Mutability and Maggie O’Farrell’s novel, The Hand that First Held Mine. There was, he said ‘a lot of anguish’ about choosing the eventual winner.”

Shapcott se totale prysgeld beloop nou £35,000. (£5,000 vir die Poetry Award en £30,000 vir die Best Book of the Year). Vantevore was sy ook bekroon met die Forward Poetry Prize en die Commonwealth Poetry Prize vir haar debuutbundel, Electroplating the baby, wat in 1988 verskyn het. Sy het ook al tweemaal die National Poetry Competition gewen. 

Nog ‘n interessante feit is dat dit die tweede jaar agtereenvolgens wat ‘n digbundel die ‘Best Book of the Year Award’ verower. Verlede jaar was dit Christopher Reid se digbundel A Scattering wat wat op dié manier vereer was. Ted Hughes en Seamus Heaney is eweneens vorige wenners van dié gesogte prys.

***

Gedurende die naweek het daar sommer heelwat inhoud bygekom. Van Daniel Hugo het ons sy lesing oor die vertalingsprobleme van Kaaps ontvang. Dan is daar ook ‘n onderhoud geplaas wat met Andries Samuel gevoer was oor sy pasverskene debuutbundel, wanpraktyk. Aan die blogkant van sake is daar by Wisselkaarten ‘n nuwe bydrae deur Vrouwkje Tuinman oor die musikale verwerking van een van haar gedigte, terwyl Pieter Odendaal weer ‘n indringende stuk oor die metafoor as katalisator van visionêre versinsel lewer.

Lekker lees en laat hierdie week punte tel.

Mooi bly.

LE 

 

Jo Shapcott wen Costaprys vir poësie

Monday, January 24th, 2011
Jo Shapcott

Jo Shapcott

Verlede week is dit bekend gemaak dat die Walliese digter, Jo Shapcott, se bundel Of Mutability met die Costa Poetry Award 2010 bekroon is. Volgens PressZoom se persverklaring bestaan die bundel uit “a collection of poems that explore the nature of change, both in the body and the natural world as well as in human interaction. It celebrates the small wonders of life, acting as a reminder of its transience. “

Volgens die beoordelaars se commendatio, die volgende: “Of Mutability consists of a collection of poems that explore the nature of change, both in the body and the natural world as well as in human interaction. It celebrates the small wonders of life, acting as a reminder of its transience.”

Jo Shapcott is natuurlik ‘n veelbekroonde digter wat allerweë beskou word as een van Brittanje se mees gerespekteerde talente. Tans is sy ‘Professor of Creating Writing’ by Royal Holloway aan die Universiteit van Londen verbonde. Ook is sy die teenswoordige president van die Poetry Society en by Poetry Archive is daar ‘n onderhoud wat met haar gevoer was, wat gelees kan word.

Wat my egter in my gesnuffel op die internet na meer inligting oor dié onderwerp opgeval het, is Kate Kellaway se resensie van Of Mutability op The Guardian se webblad.  Hiervolgens word dit waaroor die verse handel (kanker) nooit by die naam genoem nie: “Cancer is not mentioned – never dignified with a name. It is characteristic of Shapcott to avoid the banality of straight autobiography. Instead, her illness exists as an anarchic rabble of cells in the body of her texts: ‘Too many of the best cells in my body / are itching, feeling jagged, turning raw / in this spring chill…” […] Shapcott is interested in where the body begins and ends, the extent to which we overspill boundaries and become more than figures in a landscape – a permeable part of what we see.”

Dit is egter veral Kellaway se opmerking ten opsigte van Shapcott se taalgebruik wat ek vanoggend aan jou wil voorhou: “Shapcott is interested in non-verbal perception. She reminds us that language is the greatest agent of change. As we seize on one word rather than another, we transform our experience and discard alternative accounts. There is a small coppice of poems about trees. In ‘Cypress‘, she describes touching the tree’s bark. Then she writes: ‘Before all this, / the scent, which is anti-language / (only, as it drifts into your body/the words slip in, as well).’ She makes us see that we are all translators. Words come second.”

Nou ja, toe. Heelonder volg daar ‘n gedig uit Of Mutability vir jou leesplesier.

***

Sedert Vrydag is Carina Stander se fotobeeld geplaas; so ook die onderhoud wat met Louis Jansen van Vuuren gevoer is na aanleiding van sy debuutbundel Tempermes wat einde verlede jaar verskyn het. Aan die blogkant van sake is ‘n fotogedig deur Andries Bezuidenhout om te geniet. En nog is het einde niet: in die gedigtekamers is daar nuwe verse deur Bernard Odendaal, Trienke Laurie, Marius Crous en Joan Hambidge wat almal ‘n móét lees is.

Ten slotte maak ons graag bekend dat Andries Samuel se debuutbundel, wanpraktyk, het einde verlede week by die boekwinkels aangeland het. Inderdaad ‘n jubeltyd vir ons digkuns die komende maande. Gaan kyk gerus solank by Publikasies watter ander bundels ook nog almal vóór einde Februarie op die rakke gaan wees …

Geniet die week wat op hande is.

Mooi bly.

LE

 

Procedure

This tea, this cup of tea, made of leaves,

made of the leaves of herbs and absolute

almond blossom, this tea, is the interpreter

of almond, liquid touchstone which lets us

scent its true taste at last and with a bump

in my case, takes me back to the yellow time

of trouble with bloodtests, and cellular

madness, and my presence required

on the slab for surgery, and all that mess

I don’t want to comb through here because

it seems, honestly, a trifle now that steam

and scent and strength and steep and infusion

say thank you thank you thank you for the then, and now

 

© Jo Shapcott (Uit: Of Mutability, 2010: Faber & Faber)