Bonjour Tristesse Kyk vandag terug na my jeug, na die eerste skoolruimte saam met my ousus – ek vyf, sy tien – in ‘n klooster in Aliwal-Noord toe sy rumatiekkoors had en my ma my saamstuur, want die ander sus was olik en hier begin ek op ‘n lei te skribbel, leer my…
Tag: Joan Hambidge gedig
Joan Hambidge. Vingerafdruk
Vingerafdruk ‘n Forel se skub uniek nes ‘n mens se vingerafdruk. ‘n ID, handtekening of skildery word helaas ook vervals. ‘n Forel se skub uniek nes ‘n mens se vingerafdruk. ‘n Gedig soos ‘n lied eenmalig; vertolkings mag wel verskil. ‘n Forel se skub uniek nes ‘n mens se vingerafdruk. ‘n Herberg-in-die-sneeu of…
Joan Hambidge. Kerstyd 2024
Kerstyd 2024 ‘n Spyskaart immer met keuses: wildsvleis of vis dalk gerookte vark met ‘n sjampanje-op-die-huis. Nog ‘n Kerstyd alleen sonder my ouers, vertrekkendes, geliefdes – vér van vergeet; tot naby se onthou hoe my moeder wildsvleis berei (met spek), gebraaide hoender én lam. My vader vra die seën (steeds);…
Joan Hambidge. Piet Swanepoel
Piet Swanepoel Van die taalkunde het jy ons veel geleer: hoe metonimia sintakties uitspeel. Wag, ons laat die geleerdheid eers na links. Op ‘n Sondag jy, Pieter, Henning, Johan met Duard en Ronel nou al almal vort. Die dag word ‘n feestelikheid uitgebreid met ons diva wat arias vertolk hemelskoon. Deur…
Joan Hambidge. The upturn palm
The upturn palm Simbool van reis glo. Aldus Hitch in The Avon Emeralds. En oor palms is daar al veel gedig: in die onherbergsame kakofoniese vuis van New York vertoef; dié stad dra immers die hele wêreld in die palm van sy groot hand. In antieke tye glo simbool van dank- baarheid. Voor…
Joan Hambidge. My stofsuier
My stofsuier ‘n Blou ongedierte dalk ‘n krokodil of likkewaan al meer as drie dekades lank ‘n bondgenoot wagtend onder ‘n tafel op sy stille prooi: stof en ander uitskotsels soos stukkies naels en hare van ‘n geliefde ‘n blinkblaar, krummels op die tafel of wat-ook-al. Onverwags breek sy suigende pyp…
Joan Hambidge. Voetskrif
Voetskrif Op ‘n Sondagmiddag 3 nm 24 November 2024 boonop 24 grade alhier, word jou dood aangekondig, terwyl ek torring aan ‘n vers oor die Iguazú: ‘n bruin naaldwerksakkie met twee knope, 2 naalde verskillende kleure garingdraad rooi en blou en wit van daardie hotel reg in die duiwel se keel dalk…
Joan Hambidge. Die siel ‘n paleis vol geheime
Die siel ‘n paleis vol geheime Ek onthou ‘n Sondagmiddag in die Strand, die groen luike diggetrek teen die somerson: Ouma Hannah skink tee vir ons in haar huis. Dowe Oupa, reeds dood, die skilder van klein taferele, waar is die asbak nou met die see? My ma bekommerd (sy-eet-nie), my pa paai;…