Optelvers ‘n Katedraal en ‘n kerkhof in Zagreb se stuifreën bekyk op my reisplan. Aljander aljander so deur die bos: zagrabiti bedui glo om te “scoop”. ‘n Man met ‘n sambreel rooi loop voor my kamera in: ongenooid en ongevraag. Agter my in die Bistro Capuciner sit ‘n ouvrou alleen met ‘n bos blomme…
Tag: Joan Hambidge gedigte
Joan Hambidge. Om ‘n uitskotvers oor die landskap van Kroasië te skryf
Om ‘n uitskotvers oor die landskap van Kroasië te skryf vir JdL Met filmmaak beland daar glo altyd footage op die vloer en fotograwe delete, delete, delete, so weet ons, tot die volmaakte foto die oomblik perfek vasvang. Met die digkuns eweneens ‘n soeke na balans, na ewewig. Ook hier land vele woordskaafsels op…
Joan Hambidge. Puntdigte uit die Sloweense landskap
Puntdigte uit die Sloweense landskap Elisabeth Eybers Altyd in balans, in ewewig: afgeweeg simmetries ‘n gedig. DJ Opperman Die swart kategese oor Dertig, bly steeds leersaam en kragtig. Sheila Cussons Deur leed en gas gepuur: ‘n engel red jou uit die vuur. NP van Wyk Louw Jy…
Joan Hambidge. Brooklyn-brug
Brooklyn-brug Thy cables breathe the North Atlantic still. Hart Crane I too knitted the old knot of contrariety … Walt Whitman O Brooklyn-brug, veel besonge oorgang van lewe na dood, jy staan opgeteken in Walt Whitman en in Hart Crane. Ook Jack Kerouac besing jou. Maar dit …
Joan Hambidge. Tweetalige woordeboek
Tweetalige Woordeboek Op ‘n Saterdagaand lees ek oor die klaaglied van Dawid oor Saul en Jónatan in Die Tweede Boek van Samuel. ‘n Geskenk van my moeder, ‘n Bybel oorhandig op 11/9/68 met beste wense vir ‘n mooi toekoms. My kinderhandskrif in blou balpunt vertel van die gebed en smeking opgeteken in Filippense 4:6….
Joan Hambidge. Blanche DuBois
Blanche DuBois Ek moes altyd genadebrood eet, in die Flamingo-hotel minnaars teenskunnig onthaal, toe ek Belle Rève verloor. Op soek na ‘n holte vir my voet met vele vereboas, vertrek ek na Stella, my swangersus in New Orleans. Genagmerrie ek oor ‘n lewe tus- sen grense, tussen tye: ek onthou daardie skoot in die donker…
Joan Hambidge. Philip Seymour Hoffman R.I.P.
Philip Seymour Hoffman R.I.P. Wie sou ooit kon raai dat jý weerloos gevind sou word met ‘n naald, prikkende slang om jou arm gedraai? Of dat jy voete eerste by jou rykmansapartment nie die pers sou kon systap? Jy was immers berug om (self)konfrontasie, besoeke aan ‘n rehab om ‘n reputasie te…
Joan Hambidge. Maria
Maria —The gossip in Milan was that Callas had swallowed a tapeworm. But of course she hadn’t. The tapeworm was her soul … – Frank Bidart Als van die woord wálg het sy verstaan, lintwurms verslind om te verslank glo; dog met die wagtyd van die liefde anders gesteld: haar understudy Jackie…
