kies jou eie titel en plaas dit hier op ‘n stoep in paulshof – dié openbaring: ek voel soos ‘n genuine fokken poet danie sweer dit op die goedkoop dooswyn langs die stoel sê dan hy voel pretentious nes afrikaanse poets met dié vra ek hoe ‘n digter dan ‘n front voorsit…
Tag: Johann van der Walt gedig
Johann van der Walt. Optog verby die vervaldatum
optog verby die vervaldatum jong wit donsies verstrengel aan ‘n groot swart kombers dis wat lennie, charl se ouer broer, ons noem kortbroek kontkoppe met kantpaadjies vir luise daarby sê hy ons is plainweg fucked up oók want ons loop steeds met sole sagter as pantoffels staar teen oogklappe van wielie walie en…
Johann van der Walt. Ode aan onsterflike verse
ode aan ontsterflike verse ek weet, nes jy, hoe om my moedertong die knie te laat buig ‘n vreemde vel van inboorling tot woning te verklaar en ‘n ander paradys ver van ossewakreun te betree tóg bly verse jou verbintenis aan ons afrikaans is nie bloot net ‘n taal wat ons wegsmyt nie…
Johann van der Walt. Waarheen hardloop die ure?
nou klop die verouderde skat weer agter my ribbekas my jeug joviaal besprinkel met somergoud hoeveel bome het ons nie onder sool gehad nie? ingesluk en verbloem teen die wêreld van grootmense die vrystaat en sy bome was self destyds nog maar net kind ons het beloftes teen mekaar se verhemelte in tongskrif uitgekerf…