Posts Tagged ‘John Cage’

Desmond Painter. Boulez, oorspronklikheid en tradisie

Thursday, November 4th, 2010
Pierre Boulez

Pierre Boulez

Pierre Boulez is een van die groot ikone van die 20ste-eeuse musiek. Beroemd (en dikwels berug) as komponis, dirigent, teoretikus, polemikus, en ook as kampvegter vir nuwe musiek, was Boulez nog altyd ‘n verdelende figuur: ‘n man wat musikale grense getrek het en skeidslyne soms absolutisties, amper puriteins in stand kon hou, maar wat terselftertyd ook ‘n verskuiwer en vernietiger van grense was, ‘n konstante bron van musikale kreatiwiteit, vernuwing en inspirasie. Boulez is ‘n vreemde fenomeen: ‘n swaargewig in die klassieke musiek establishment wat neus optrek vir Schubert en Brahms, maar wat Frank Zappa se orkesmusiek opgeneem het…

En nou is die enfant terrible van die Franse musiek, hierdie tydgenoot van filosofiese eweknieë soos Barthes, Foucault en Derrida, 85 jaar oud. In ‘n onderhoud wat Philip Clark onlangs vir die tydskrif Gramaphone met Boulez gevoer het, word kwessies van oorspronklikheid, artistieke vernuwing en die tradisie telkens weer aangespreek — op maniere wat ek dink nogal insiggewend sal wees vir skeppende mense in enige dissipline. Hier is ‘n paar lekker polemiese aanhalings: “It is not enough to deface the Mona Lisa because that does not kill the Mona Lisa. All art of the past must be destroyed.” “The more I grow, the more I detach myself from other composers… in my opinion we must get rid of [history] once and for all.” “We need to restore the spirit of irreverance in music.” En dan wonder jy waarom die maestro eerder Zappa as Beethoven dirigeer?! En verbeel jou nou Boulez het gesê “digkuns” eerder as “musiek”…

Nie dat Boulez ahistories en akontekstueel dink oor die kreatiewe proses en die betekenis van die kunswerk nie; glad nie. Hy sê byvoorbeeld: “The aim of music is not to express feelings but to express music. It is not a vessel into which the composer distills his soul drop by drop, but a labyrinth with no beginning and no end, full of new paths to discover, where mystery remains eternal.” En oor sy eie komposisies: “When I compose, I have Debussy, Stravinsky and Berg in my background. For an audience to listen to my compositions, it must have the same background as that.” Hier beroep Boulez homself op ‘n spesifieke, kuns-teoreties gefundeerde tradisie, nie op Die Tradisie nie. Vir Boulez is dit nie net moontlik nie, maar noodsaaklik vir enige kunstenaar om sekere elemente van Die Tradisie radikaal te verwerp. 

Philip Clark, die Gramaphone onderhoudvoerder, maak in hierdie verband ook ‘n interessante opmerking oor die verskille tussen Boulez en daardie ander groot musikale rebel, John Cage (terloops, Boulez dink nie veel van Cage se werk nie): “Cage defined himself as an anarchist and largely x-ed himself out of the classical slipstream. But Boulez tackles the problem of tradition head-on, insisting that the most traditional thing about tradition is the inner dynamic of its radicalism; its relentless evolution towards now. Composers who, in the name of tradition, freeload off the hard-earned expressive language of their forefathers distort tradition. As Boulez tells me, ‘the more you are adventurous, the more you must be critical’. But Boulez has kept the faith, and remains the conscience of Western tradition. Like all Popes, of course, there have been hopelessly weak disciples and times when purist doctrine has obscured other worthwhile gospels (apropos Cage and Feldman). So it’s no surprise that Boulez’ Big Church finds room for Ravel, Szymanowski and Mahler, alongside progressive, thoughtful New Music. Post-modern sinners at the money temple? Repent, for tomorrow is now.”

Desmond Painter. Die dood van die flâneur

Monday, August 30th, 2010

I

Terug in my hotelkamer (in Notting Hill) na ‘n dag van baie stap. My voete en my bene pyn behoorlik. Ek het ‘n vae idee gehad van waar ek heen wou loop (van Bloomsbury na Trafalgar Square; van Trafalgar na die Tate Modern; van die Tate na die Southwark Cathedral; van Southwark met die moltrein na Islington, om dan daar redelik doelloos maar deeglik te eksploreer). Nie net het ek die afgelope twee dae groot afstande per voet deur die stad afgelê nie, maar sekerlik ook kilometers opgestapel deur van een uitstalkamer na ‘n ander te loop in die National Museum en die Tate Modern.

 

II

I wander thro’ each charter’d street,

Near where the charter’d Thames does flow.

And mark in every face I meet

Marks of weakness, marks of woe.

(William Blake, uit London)

 

III

Dit bly ‘n voorreg om die bekende skilderye van Vermeer, Rembrandt, Monet, Picasso ens. te kan sien (reproduksies in boeke is maar net nie dieselfde nie: jy moet die kwashale kan síén) maar daar is ook so baie wat vir my totaal nuut is – veral in die manjifieke Tate Modern. ‘n Stel skilderye wat my vandag besonder getref het, is die Duitse kunstenaar Gerhard Richter se post-ekspressionistiese reeks Cage (1-6). Dit bestaan uit ses groot doeke (seker amper 3mx3m) waarop die skilder laag op laag verf eers aangebring het en dan telkens weer deels afgekrap het, om sodoende verrassende en onbeplande patrone en kleurskakerings te onthul. Die reeks is na die Amerikaanse komponis John Cage vernoem omdat Richter, soos Cage, probeer werk met kans en toevallige kombinasies. Hier is ‘n interessante aanhaling deur Richter: “I don’t know what I want; I am inconsistent, non-committal, passive; I like the indefinate, the boundless; I like continual uncertainty.”

 

IV

 

Dansend in Londen

Dansend in Londen

 

 

V

Besef pas ek het nog nie ‘n geprek met ‘n ander mens gevoer sedert ek Vrydagmiddag in Stellenbosch vir Claire totsiens gesê het nie. Ek praat nou nie van interaksies met kelners en so aan nie, maar van werklike gesprekke. Dit is asof ek vastend is. Ek is besig met ‘n gespreks-detox. Almal het dit nou en dan nodig. Almal moet soms ‘n vreemde stad invaar. Of ‘n bekende stad herontdek. Laat jouself meesleur deur die skares; soek die stil strate op waar jy jou voetstappe kan hoor op die teer; hou mense dop met nuuskierigheid en ‘n vrygewige verbeelding. ‘n Stad is meer as monumente en museums. ‘n Stad is mense en mobiliteite, al die miljoene trajekte van weggaan, besoek en tuiskoms, al die vullis en  verdwaal, al die eenselwighede en al die skitterende klein verrassings.

 

VI

Op die oewer van die Teems

Op die oewer van die Teems

 

 

VII

“Not to find one’s way in a city may well be uninteresting and banal. It requires ignorance – nothing more. But to lose oneself in a city – as one loses oneself in a forest – that calls for quite a different schooling. Then signboards and street names, passers-by, roofs, kiosks, or bars must speak to the wanderer like a cracking twig under his feet, like the startling call of a bittern in the distance, like the sudden stillness of a clearing with a lily standing erect at its centre.” (Walter Benjamin)

 

VIII 

Protesaksie in Londen

Protesaksie in Londen

 

IX

In ‘n land soos ons s’n, Suid-Afrika, met sy gebrekkige openbare vervoer, dikwels onderontwikkelde (en gerassifiseerde) openbare ruimtes en endemiese geweld, is hierdie soort stappende toe-eiening van ‘n stedelike ruimte, die terugdwing van stedelike ruimte tot ‘n (mede-)menslike skaal, hoegenaamd moontlik? Of is hierdie net ‘n eurosentriese nostalgie?

 

X

Hy’s glo getref deur ‘n dwaalkoeël –

maar wie weet uit watter geweer?

Daar op die sypaadjie in ‘n poel

bloed lê hy: die flâneur.

  •