Na aanleiding van gister se Nuuswekker oor moontlike kandidate vir vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde, het ek so ‘n bietjie verder rondgesnuffel op die internet. Ek land toe op Earth Times se webblad waar hulle die Top 10 volgens die beroepswedders, Ladbrokes, aandui. Hiervolgens is Amos Oz die gunsteling om vanjaar bekroon te word. Weddenskappe ten gunste van…