Karen Kuhn. In ‘n Balkan Bootjie
Tuesday, December 2nd, 2014
Kriaritsi Griekeland
In ’n Balkan bootjie
op die bodem
soos op die aarde se paradys
deur vergrootglase
in ’n bootjie
met ’n djembe
vlamme vere
’n bankie en
roeispane
vir twee
in ’n bootjie
kyk jy vir die maan en
ek vir jou
stil
en vloei
deur ’n kaleidoskoop
op die oppervlak
so ook op die water se hemele