Op die trein tussen Witzenhausen en Kassel sit en kyk ek na die versadigde Duitse landskap. Elke keer as ons deur ʼn tonnel ry, sien ek die ander passasiers in die vensters. Ek verkyk my aan hulle monde. Kry Duitsers sulke afgeremde plooie om hulle mondhoeke omdat hulle die klinkers so moet afbyt en dan…