Die hele jaar lank vlieg ek bo-oor die Karoo. Elke liewe maand moet ek afkyk en dink: “Ek wil nie hier bo wees nie. Ek wil daar onder in die stof en tussen die fossiele rondry.” Ek het drome gehad van treinritte vir my maandelikse besoeke aan Stellenbosch. Ek sou spoorlangs gedigte skryf, nuwe digbundels…