Oosgrens, het hulle dit genoem. Die Oos-Kaap ís frontier country. Dis ook deksels mooi. Hier was nie verniet ʼn hele aantal oorloë oor waar die grens moes lê nie. My voorsate, daardie skarminkels van die Slagtersnekrebellie, se grafte lê juis net anderkant Cookhouse, of Kookhuis, soos sommige mense dit noem. Na die oorlewende Bezuidenhouts uit…