Volgens AFP is die bekende Ghanese digter en diplomaat, Kofi Awonoor (foto), een van die mense wat verlede week omgekom het tydens die tereuraanslag deur Islamitiese militantes op ‘n winkelsentrum in Nairobi, Kenia. Awonoor (78) se seun is ook tydens dié aanval gedood. Awonoor was in Nairobi om aan die Storymoja Hay Literary Festival…