Een van die opwindendste wêrelddigters tans is sekerlik die Poolse digter Grzegorz Wróblewski (Gdansk, 1962) wat sedert 1985 in Kopenhagen woonagtig is. Met die verskyning van sy mees onlangse bundel, Kopenhaga (2013: Zephyr Press) het Piotr Gwiazda ‘n onderhoud met die digter gevoer vir die webtuiste Jacket2. Aangesien dit talle punte betrek wat tans ook…