Posts Tagged ‘Kreatiwiteit’

Marlies Taljard: Weerspieëling en weerklank 2

Monday, May 14th, 2012

In my vorige blog het ek berig oor ‘n kreatiewe projek met jongmense uit Promosa, Potchefstroom. Die algemene doel van die projek is om reflekterende gesprekke oor kunsskepping te fasiliteer met die doel om deelnemers by praktykgerigte navorsing te betrek en om ‘n platform te skep waar wisselwerking tussen praktyk en teorie kan plaasvind.

Die doel van die gemeenskapsontwikkelingsprojek – wat deel is van die groter projek Weerspieëling en Weerklank – is om talentvolle jong skrywers uit die gemeenskap bloot te stel aan verskillende kreatiewe aktiwiteite en sodoende hulle belangstelling te prikkel en hulle vaardighede te slyp, spesifiek met betrekking tot skryf.

Die ervaring het geleer dat sulke projekte dikwels ‘n positiewe bydrae lewer ten opsigte van sosialisering, selfrefleksie, formuleringsvaardighede, positiewe verwerking van kritiek en kritiese nadenke oor eie werk. Dikwels verhoog so ‘n projek ook deelnemers se gevoel van eiewaarde. Die afgelope weke het ons gesien hoe ‘n klein groepie deelnemers ontluik as skrywers, hoe hulle kritiese denke begin ontwikkel het, ‘n mening oor mekaar se skryfwerk én hulle eie skryfwerk begin vorm het en hoe hulle selfvertroue week na week toegeneem het.

 

Hieronder verskyn Leonora van Rooyen, projekorganiseerder en derdejaarstudent in Kreatiewe Skryfkuns, se opsomming van die projek tot op datum:

Toegerus met ’n kamera word die deelnemers van die Weerspieëling en weerklank-skryfprojek die Potchefstroom omgewing ingestuur op soek na treffende tipografie, topografie en tipologie.

’n Dag in die lewe van ’n fotograaf, meld die deelnemers, is soos om deur die lens van ’n bril te kyk en die wêreld deur nuwe oë te aanskou: die geleentheid om te eksperimenteer met visie, om die tipografie, topografie en tipologie wat so onsigbaar is, maar tog so sigbaar, te aanskou. Deelnemers word die taak opgelê om ’n tema te kies en daarbinne foto’s te neem.

Die blootstelling aan die variasie wat die tegnologie bied, die manipulasie van foto’s met kleurtoon  om ’n bepaalde gevoel te skep, afhangende van wat die fotograaf en skrywer wil hê, word op die proef gestel en laat die deelnemers met behoorlike opwinding. Verskeie skryfoefenings word ondernneem om kreatiwiteit te stimuleer en geboorte te skenk aan idees vir ’n teks.

Na ’n beperkte tyd vir die skep van die kreatiewe teks, word die konvensies van die onderskeie genres, naamlik prosa en poësie oorsigtelik aangebied deur die bekende digter Bernard Odendaal e skrywer Franci Greyling. Deelnemers word opgeskerp en die nodige gereedskap by die skep van ’n teks in die onderskeie genres, word bespreek.

Deelnemers word ook verras deur die optrede van die  musikant Dion Meiring uit  die bekende Afrikaanse sanggroep Glaskas. Dié sanger wat ’n toonsetting lewer van die gedig deur een van die deelnemers, het die deelnemers behoorlik op hul voete. Die musikant gee ook waardevolle wenke aan die groep met betrekking tot die skryf van lirieke.

Deelnemers is onlangs deur dr. Marlies Taljard begelei in die afronding van hul tekste, met ’n insiggewende interaktiewe sessie. Met die uitruil van idees ontstaan daar ’n nuwe karakter, vorm en uitsprake in die onderskeie tekste.

Groot dinge is aan die kom met die spanningoomblik van openbaring op hande. Wag en sien!

Marlies Taljard. Weerspieëling en Weerklank (1)

Monday, April 23rd, 2012

 

Gemeenskapsprojek: Skryfkuns

Weerspieëling en Weerklank (1)

 

 Ek is vanjaar bevoorreg om deel te wees van ‘n projek wat (onder andere) kreatiewe produksie onder jong kunstenaars in die plaaslike gemeenskap probeer bevorder. Hierdie projek is deel van ‘n groter projek: Weerspieëling en Weerklank: Tipografie, topografie en tipologie waaraan die vakgroepe Kunsgeskiedenis, Grafiese ontwerp en Skryfkuns van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus deelneem.

 

Bernard Odendaal

Bernard Odendaal

In die praktyk behels die projek waarvan ek deel is ‘n reeks werkwinkels waarin verskillende kreatiewe aktiwiteite aangebied word en waarin studente kans kry om oor die teorie en praktyk van kunsskepping te besin. Volgende keer berig ek meer oor die projek as sodanig, maar vandag se blog wy ek spesifiek aan die skryf- en poësiewerkwinkel van 14 April 2012 waartydens Franci Greyling en Bernard Odendaal hulle kundigheid op die gebied van prosa- en poësieskryf met die groep jong kunstenaars uit Promosa gedeel het. Ek het elke student gevra om kortliks sy of haar indruk van die werkwinkel neer te skryf. Ek plaas dit saam met foto’s van die kunstenaars en foto’s van aktiwiteite wat reeds plaasgevind het.

Shaday Hendricks

Shaday Hendricks

Shaday Hendricks:

Vandag was net vir my awesome!!! Om eerlik te wees ek het gedink dit is moeilik om ‘n gedig te skryf, maar dit is glad nie so moeilik nie. Jy as die skrywer moet net die leser kan laat verstaan. Dit is nogal interessant om na die dieper betekenis van ‘n gedig te kyk.
Andrea Chinian

Andrea Chinian

 Andrea Chinian:

Om gedigte te skryf, het eers vir my gevoel asof dit ‘n onnodige “las” in die lewe was. Ek het gevoel dat “poets” onnodige geld daarvoor verdien. Maar noudat ek self in die skryf deelneem vind ek dit interessant want ek kan myself uitbeeld en daar is niks soos ‘n verkeerde gedig of leesstuk nie. Niemand kan jou judge nie solank jy uitbeeld wat jy in jou gedagte het.

(…) So ek sou vir julle wat daar buite is wat graag wil skryf aanmoedig om te begin skryf en om nie anders se negatiewe sprake kop toe te vat nie, want as mens eenmaal begin het wil jy nie ophou nie.

 

Leonora van Rooyen

Leonora van Rooyen

 

Leonora van Rooyen:

Ek het ‘n liefdesverhaal om te vertel.

Ek wil my emosies uitdruk.

Om dit te doen skryf ek ‘n paar kort sinne wat soos musiek klink en daar het ek my gedig.

Dit was my eerste persepsie oor die gedig.

Alles goed en wel, maar toe word ek blootgestel aan wat die skrywers noem “skeppingselemente”. Toe ek na die skeppingselemente in my eie sogenaamde gedig gaan kyk, wel, toe lyk dit nie meer soos ‘n gedig nie.

By my volgende poging van gedig skryf kon ek my abstrakte emosies in konkrete beelde vasvang. Ek kon klank gee aan die beeld. Ek kon steeds die ritme en metrum in beeld hoor.

 

Janine Matthyse

Janine Matthyse

Janine Matthyse:

Ek het baie geleer oor skryfwerk. Dit help mens ook om jou gevoelens uit te beeld en dis verskriklik interessant. Ek het baie geleer oor gedigte ook dat mens net kan gaan sit en skryf maar jy moet ook weet wat jy doen. Dit het my terug gevat na my dae op skool graad 11 & 12 in my Afrikaans klas. Ek hou nogals daarvan om te skryf en ek het vandag se les baie geniet.

 

Godwin Leandro Willemse

Godwin Leandro Willemse

 

Godwin Leandro Willemse:

Vandag se werkswinkel “Poësie” ek kon vandag tog so baie leer by prof. Bernard, van poësie en die Ritme van ‘n gedig jy moet altyd dink aan jou lesers en probeer dit verstaanbaar te maak, dit kan ironies wees en sarkasties wees maar nie te veel nie. En kies jou woorde mooi. Die klasse is 100% die moeite werd.

 (Ek meen hier is ‘n paar goeie wenke wat digters gerus ter harte kan neem!)

Ons is nie skaam om te drama nie

Ons is nie skaam om te drama nie

 

Of te rap nie...

Of te rap nie...

 

Rame

Rame

 

Foto’s: © Marlise Taljard, 2012

Louis Esterhuizen. Kreatief, danksy die geraas …

Tuesday, December 6th, 2011

 

Wanneer dit by kreatiwiteit kom, hou ‘n kunstenaar dikwels distraksies of ander struikelblokke voor as rede waarom hul kreatiwiteit onderdruk word. Hierdie blyk egter nou ‘n drogredenasie te wees, aangesien  ‘n onlangse studie deur Janina Marguc by die Universiteit van Amsterdam bevind het dat dit júís die distraksies en belemmeringe is wat ‘n kunstenaar se verbeelding en kreatiwiteit stimuleer; waarvan poësie volgens Marguc se studie ‘n uiters gepaste voorbeeld is.

“Can obstacles prompt people to look at the ‘big picture’ and open up their minds? Do the cognitive effects of obstacles extend beyond the tasks with which they interfere? These questions were addressed in 6 studies involving both physical and nonphysical obstacles and different measures of global versus local processing styles […] Results suggest that obstacles trigger an ‘if obstacle, then start global processing’ response, primarily when people are inclined to stay engaged and finish ongoing activities,” skryf Marguc in die opsomming van haar artikel wat in The Journal of Personality and Social Psychology verskyn het.

Dit is dan juis dié “global processing” wat volgens Jonah Lehrer se opvolgartikel in Wired Science vir die digter van belang is: “Perhaps the best example of this phenomenon is poetry. At first glance, the art seems to be defined by its liberation from ordinary language – poets don’t have to obey the rules of syntax and punctuation. And yet, most poetry still depends on literary forms with exacting requirements, such as haikus, sestets and sonnets. This writing method seems to make little sense, since it makes the creative act much more difficult. Instead of composing free verse, poets frustrate themselves with structural constraints. Why?”, vra hy heel tereg en antwoord sy vraag dan enkele paragrawe verder met die volgende waarneming: “Consistently, these studies show that encountering an obstacle in one task can elicit a more global, Gestalt-like processing style that automatically carries over to unrelated tasks, leading people to broaden their perception, open up mental categories, and improve at integrating seemingly unrelated concepts.”

Maar hoe werk hierdie proses, neurlologies gesproke? Lehrer verduidelik dit soos volg: “The larger lesson is that the brain is a neural tangle of near infinite possibility, which means that it spends a lot of time and energy choosing what not to notice. As a result, creativity is traded away for efficiency; we think in literal prose, not symbolist poetry. And this is why constraints are so important: It’s not until we encounter an unexpected hindrance – a challenge we can’t easily resolve – that the chains of cognition are loosened, giving us newfound access to the weird connections simmering in the unconscious.”

Waarskynlik is dit presies bogenoemde wat Paul Valery in gedagte gehad het toe hy gesê het: “A person is a poet if his imagination is stimulated by the difficulties inherent in his art and not if his imagination is dulled by them.” Of wat van Chesterton se beroemde aforisme: “Art consists in limitation. The most beautiful part of every picture is the frame.”

Nou ja, toe. Gaan dus heen en vra jou buurman om sy CD van Bles Bridges se Ruiter van die windjie tot doofwordens op volle volume óóp te draai; huur twintig honde by die DBV en maak hulle in jou agterplaas toe; sit ‘n bord voor jou huis wat sê: Please rev your engin, blaas jou toeter!

En skryf jou meesterstuk oor die vreugde van stilte.

***