Philip de Vos. Stekelvarkentjes wiegelied
Wednesday, May 19th, 2010En dít was die begin van ’n liefdesverhouding wat tot vandag toe nog voortduur. Toevallig was daar daardie maand ’n groot Annie M.G. Schmidt-uitstalling in Amsterdam en ’n paar uur voor my vertrek terug Kaapstad toe het ek hierdie geliefde vrou se werk vir die eerste keer ontdek.
En so ook het ’n liefdestaak begin – om versies van Annie M.G. Schmidt in Afrikaans te vertaal. Dit was geen opdragwerk van ’n uitgewer nie en ek het destyds selfs nie eens aan publikasie van my vertalings gedink nie. Die versies het my sporadies vir ’n paar jaar aan die gang gehou selfs toe ek eenkeer vir depressie gehospitaliseer is en vertaling van die versies my weer in die hospitaal laat lig sien het.
Rym-vertalings het my nog altyd ewe veel plesier gegee as die skryf van my eie werk. Maar vertaalwerk bring sy eie probleme. en die grootste probleem lê seker by ’n taal se rymmoontlikhede.
Met my rymvertalings probeer ek altyd die ritme van die oorspronklike behou asook die oorspronklike gevoel. Woordelike vertaling bly onmoontlik.
Een van my geliefde Annie M. G. Schmidt-versies is juis Stekelvarkentjes-wiegelied.
Suja, suja Prikkeltje, daar buiten schijnt de maan
Je bent een stekelvarkentje, maar trek het je niet aan.
Je bent een stekelvarkentje, dat heb je al begrepen
De leeuwen hebben manen en de tijgers hebben strepen
En onze tante eekhoorn heeft een rooie wollen staart
Maar jij hebt allemaal stekeltjes en dat is zo veel waard
Slaap, mijn kleine Prikkeltje, dan word je groot en dik
Dan word je net zo’n stekelvarken als je pa en ik.
Het olifantje heeft een slurf, de beren hebben klauwen
De papegaai heeft veren, van die groene, van die blauwe
En onze oom giraffe heeft een hele lange nek
Maar jij hebt allemaal stekeltjes en dat ik ook niet gek
Suja, suja Prikkeltje, het is al vrees’lijk laat
Je bent het mooiste stekelvarken dat er maar bestaat
De poezen hebben snorren en daar kunnen ze door spinnen
De koeien hebben horens en de vissen hebben vinnen
En onze neef de otter heeft een bruinfluwelen jas
Maar jij hebt allemaal stekeltjes die komen nog te pas
Suja, suja Prikkeltje, daar buiten schijnt de maan
Je bent een stekelvarkentje, maar trek het je niet aan.
My heel eerste probleem was: Kry mens krimpvarkies in Suid-Afrika? Miskien wel, maar ek was meer bekend met ’n ystervark. As kind het ons juis in die veertigerjare een aand na ’n besoek by my oupa en ouma in Kimberley teruggery Bloemfontein toe. In die donker het ons teen iets gebots en ’n paar myl verder het die kar skielik ’n pap wiel gehad. en toe ons ystervarkpenne in die vergasser sien vassteek, het ons besef wat gebeur het. En ’n paar jaar gelede het ek by World of Birds in Houtbaai ’n ystervark se snoet gestreel en dus het ek die vrymoedigheid gehad om die oorspronklike krimpvarkie in ’n ystervarkie te verander:
Jy is ‘n ystervarkentjie, dit moet jy goed verstaan.
Jy is ‘n ystervarkentjie, dit weet jy tog ten volle.
Die leeu spog met ‘n maanhaar, en luiperd spog met kolle
en onse tante eekhoring het ‘n rooibruin wolhaar stert,
maar jy het net jou pennetjies, en dié is veel meer werd.
Slaap, my kleine Prikkeltjie, dan word jy groot en dik
soos Pappa en soos Mamma (en dít bring net geluk)
Die olifantjie het ‘n slurp, en beer spog met sy kloue,
en papegaai het vere: daar’s groenes en ‘n bloue,
en onse oom kameelperd het ‘n baie lang lang nek,
maar jy het net jou pennetjies, en dit is ook nie gek.
So ja, so ja Prikkeltjie, dit is al vreeslik laat.
Jy is die mooiste varkentjie waar mense oor kan praat.
Die ysbeer dra ‘n wolhaarpels vir warm-hou van binne,
en koeie spog met horings, en visse spog met vinne,
en onse neef, die otter het ‘n warm donker jas,
maar jy het net maar pennetjies en dié kom goed te pas.
So ja, so ja Prikkeltjie, daar buite skyn die maan,
Jy is ‘n ystervarkentjie, dit moet jy goed verstaan.
My eerste probleem met dié vertaling was die tiere met hul strepe:
Je bent een stekelvarkentje, dat heb je al begrepen
De leeuwen hebben manen en de tijgers hebben strepen
Afrikaanse rymwoorde, sou woorde soos repe en grepe en skepe wees. Geeneen wat by die vertaling sou pas nie. Dus word tiere, luiperds in my vertaling en die strepe word kolle:
Ek is toe incognito saam met haar na een van hierdie eisteddfods. Die versies dié dag was die kinders se eie keuse. Van die 30 kinders teenwoordig het 27 van my versies opgesê en meer as die helfte was juis van my Annie Schmidt vertalings.
Op daardie dag het ek besef dat oor die kwessie van leesplesier Maritha Snyman miskien nie heeltemal reg was nie.
Ek sê maar net …
En vir dié wat lus het om te luister kan op die volgende tik: