Langston Hughes. Vertaling in Afrikaans
Friday, December 3rd, 2021
Langston Hughes Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer.
Onthou
Onthou
Die dae van gevangenskap —
Dis die onthou —
wat nie stilstaan nie.
Gaan na die hoogste heuwel
En kyk vandaar af op die dorp
Waar jy immers ʼn slaaf is.
Kyk af op enige dorp in Carolina,
Of, wat dit aanbetref,
enige dorp in Maine,
Of Afrika, jou tuisland —
En jy sal sien wat ek bedoel —
Die wit hand:
Die stelende hand;
Die wit gesig:
Gesig van die leuen;
Die wit mag:
Die gewetenlose mag
Wat jou die honger arm-
salige ding maak wat jy vandag is.
Remember
Remember
The days of bondage—
And remembering—
Do not stand still.
Go to the highest hill
And look upon the town
Where you are yet a slave.
Look down upon any town in Carolina
Or any town in Maine, for that matter,
Or Africa, your homeland—
And you will see what I mean for you to see—
The white hand:
The thieving hand.
The white face:
The lying face:
The white power:
The unscrupulous power
That makes of you
The hungry wretched thing you are today.
Bronverwysing: https://www.poetryfoundation.org/poetrymagazine/poems/52006/remember-56d23024704f2
Die Internasionale dag ter viering van die afskaffing van slawerny word jaarliks op 2 Desember herdenk.