Die meeste versaaktes eet berge sjokolade, drink bierriviere leeg of wandel doelloos in woude vol winkels rond om die brandbeeld van hul geliefde se gesig, die lenige hande, die soepel mond, uit hul kop te kry. Ander radeloses kies om iewers onder ’n boom te gaan sit en te lees. Te lees en te lees…