Karlien van der Merwe. hAp
Sunday, February 21st, 2010Lekker partytjies in die Huis van Afrikaanse Poësie (hAp)!
Ek, met opkomende kunstenaar Herman Dennyschen en Johan Barkley.
Lees gerus die hAp geskiedenis.
‘n Groot hAp vir Afrikaans! (hAp Adviesraad)
hAp bestaan reeds sedert 2002 en het begin met poësievoorlesings in die voortuin van ‘n privaat woning by Malherbestraat 115, Capital Park, Pretoria.
Aanvanklik het hAp bestaan uit die stoepteater en twee klein vertrekke waar kunsuitstallings gehou is. Mettertyd is die hoofwoning ontruim om ‘n binnenshuise teater (poësieteater) en kunsgalery te huisves (2004). Die poësieteater word gebruik vir versvoorlesings, boekbekendstellings en funksies soos gedenk-lesings. Dit dien ook as ruimte vir ‘n kunsgalery.
Sedert 2004 het hAp ‘n digtersgroep wat elke Saterdag, onder bevryding van Ian Raper, by hAp ontmoet. Verskeie werke is reeds deur van hulle gepubliseer, insluitende die eerste Afrikaanse e-bloemlesing Klikspringer. Daar is ook kursusse in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aangebied, met talle digtersfokusse om veral jong belangstellendes voor te stel aan ouer of minder bekende digters in Afrikaans. Hiermee is ‘n private departement Afrikaans en Nederlands in die vooruitsig gestel as teenvoeter vir die sluiting en verwatering van literatuurdepartemente by universiteite.
In Julie 2005 word die Boekerij by hAp deur Mimi Coertse geopen, hoofsaaklik met die oog op die “huisvesting” van boekskenkings wat toenemend hulle weg na hAp gevind het. Vandag beskik die Boekerij oor ‘n afdeling vir Afrikaanse, Nederlandse en Engelse letterkundige boeke, sowel as ‘n afdeling vir boeke wat te koop is.
In Oktober 2008 word die Mimi Coertse Museum van Afrikaans by hAp geopen.
Gedurende 2009 is die hAp se adviesraad op die been gebring om hAp by te staan met die bevordering en bewaring van Afrikaanse literatuur. Die adviesraad bestaan uit Mimi Coertse, dr Ian Raper, prof Marinus Wiechers, regter Eberhardt Bertelsmann, André Viljoen en Charl Pretorius.
hAp se doelstellings kan soos volg opgesom word:
· Vestiging van ‘n tuiste en werkswinkel vir die Afrikaanse skrywer/kunstenaar
· Vestiging van ‘n tuiste vir die Afrikaanse boek, ook in elektroniese formaat en bedreigde opnames by instansies soos die SABC
· Skakeling en samewerking met ander organisasies wat ten doel het om Afrikaanse literatuur te bevorder
· Opvoedings- en opleidingstaak
‘n Lekker Vooruitsig!
hAp
Plek van Woorde! Tuiste vir Menswees!
DigSange: Afrikaanse Stemfees!
28 Maart 2010
15:00
Groenkloof Ouditorium
Universiteit van Pretoria: Groenkloof Kampus
Besprekings: Computicket
Voorlopige Program
Opening/Verwelkoming: Braam Smit
Trevor Nasser: Musiek
Mimi Coertse: Lees NP van Wyk Louw
Die Black Tie Ensemble: Sing
Andries Roof Bezuidenhout: Lees
Petro Wessels en Carel Trichardt: Storie vertel
René Bohnen: Lees
Die Black Tie Ensemble: Sing
Lucie Moller: Lees
Karlien van der Merwe: Lees
Nataniël: Storieverteller
POUSE
Steve Hofmeyr: Lees
Jannie Moolman: Sing
Henning Pieterse: Lees
Kabous Verwoed: Lees
Gerda Botha: Lees
Elrene-Louise: Sing
Rosa Smit: Lees
Andre Viljoen: Lees
Gerrie Jamneck: Lees
Mimi Coertse en Jannie Moolman: Sing
(Ian Raper en Charl Pretorius)