Ook hier in Pretoria is tekens van lente. Dit was inspirasie vir my jongste gedig. Lente op die skoolgrond. Dis weer lente. Vlieswolke wind piets wit granaatpitte fynhael. In die parkeerterrein kry ingesemente latte lewe. Hulle bros sulke wit botsels. Jy weet nie hoe vlak die beskawing by my is nie. Soms…