Die Amerikaanse digter, Jane Kenyon, is nie alombekend aan poësielesers in Suid-Afrika nie. Met reeds die eerste lees aan haar oeuvre, het haar gedigte se direktheid my onmiddellik opgeval: persoonlike pyn wat nooit in selfbejammering of ’n narcistiese geween ontaard nie. Haar gebruik van die objective correlative is opmerklik en word nie net met volgehoue…