Ek reken dat dit vry algemeen aanvaar word dat skrywers nou nie juis beskroomd is wanneer die wyntrollie verby kom nie; trouens, talle skrywers beweer dat ‘n entoesiastiese alkoholverbruik noodsaaklik is vir hul skryfwerk. Hieronder is legendariese dronkskrywers soos Jack Kerouac, Dylan Thomas, John Cheever, Ernest Hemingway en natuurlik F. Scott Fitzgerald. “Write drunk;…