Fransi Nieuwoudt. leweroep
Friday, July 8th, 2016
leweroep
Vredefortkoepel
volgens oorlewering
het T.T. Cloete gepraat van die mooie
gloor by Kopjeskraal
‘n meteoriet het hier
in beeldverhaal
klippe papierdun verpulp
drifkoppe gepenetreer met
ruimtesaad en so
die moes van aardse moer
buitentoe gesmyt
as geelklei
kwartsietsye basterrooibos
die skielike skuinste
van ‘n denkbeeldige as
(c) Fransi Nieuwoudt / Julie 2016