Ligspoor Juan Coetzer Ligspoor as bundeltitel word ontleen aan die militêre wêreld: ’n fosforbehandelde projektielpunt wat by afvuur momenteel ’n sigbare koeëlbaan laat. Talle gedigte is dus kort en kontaksoekend, visueel en evokerend; van aard eerder impressionisties as surrealisties. Militêr georiënteerd, word ’n meer gebonde as vrye versvorm gebruik. Ligspoor bevat jeug- en militêre herinneringe…