Ná ʼn besoek aan die plaas Springbokoog, iewers tussen Van Wyksvlei en Verneukpan. Baie dankie aan Rina van Wyk, wat ons toegelaat het om die graverings op haar plaas te besoek. ROTSGRAVERINGS BY SPRINGBOKOOG Tussen moddersteen en skalie het lawa deurgebeur, hompe rots sferies tot horingklip gebak en toe gestol in doleriet. Nou redekawel dié ysterklip…