Posts Tagged ‘lwyn Roux gedig’

Alwyn Roux. Dofverligte poort

Friday, October 1st, 2021

 

Dofverligte poort

 

pa vertel dat pasiënte

afgelaai word by ’n buitedeur

waar ’n suster hom of haar

na ’n ventilatorkamer neem

 

drie maande gelede

word mense ouer as 55

weggewys

om plek te maak vir jongeres

 

om pa af te laai by daardie poort

is nie ondenkbaar nie

ek dink my in al wil ek nie

 

soos toe ek vir ouma

by die graf moes groet

maar nie uit die kar kon klim nie

 

ek maak die kardeur oop

asof charon se boot

wat is die laaste woorde

voor jy groet?

 

© Alwyn Roux, 28 Oktober 2020